Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/29/2011

Hongaarse pannekoeke

15 mℓ botter
30 mℓ suiker
30 mℓ droë broodkrummels
250 m suurroom
4 eiers, geskei. Hou die eiergele apart en klop die wit styf.
250 mℓ roomkaas
versiersuiker

Verroom die botter en suiker saam.
Voeg die eiergele een vir een by. Klop goed nadat jy een bygevoeg het.
Voeg die helfte van die roomkaas by, dan die broodkrummels en die helfte van die suurroom.
Laastens vou jy die eierwit by.
Bak dun pannekoekies en smeer met die orige roomkaas.
Rol die pannekoeke op en plaas in ’n oondbak. Gooi die res van die suurroom oor.

Bak vir 20 minute by 180ºC en sprinkel versiersuiker oor.

resep: Johanna Basson

No comments :

Post a Comment