Tortilla skyfies (chips)
125 ml fyngekapte tamaties
12 swart olywe, ontpit en in gesny
2 stingeluie, in stukkies gesny
1 jalepeno, ontpit en fyn opgesny
125 ml geblikte mieliepitte
’n handvol vars koljander, fyngekap
300 g cheddar, gerasper
suurroom
Pak die helfte van die skyfies op ’n bakplaat. Strooi die helfte van die kaas oor gevolg deur die res van die bestanddele - behalwe die suurroom.
Pak nou die res van die skyfies op en strooi die oorblywende bestanddele oor, maar hou die kaas vir laaste – en nie die suurroom nie.
Plaas dit nou onder ’n oondrooster tot die kaas gesmelt het.
Stip met suurroom en bedien.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment