Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/18/2011

Paddasop

Min Suid-Afrikaners het al paddaboudjies ontdek. Indien jy so gelukkig is om paddaboudjies raak te loop is paddasop ’n maklike resep om vir die eerste keer paddaboudjies te probeer.

Die paddaboudjie se vel moet afgetrek wees voor jy dit gaarmaak.

Smoor die boudjies in ’n swaarboomkastrol in baie botter saam met 15 ml meel, sout , peper en ’n knypie neutmuskaat.

Wanneer die boudjies gaar is gooi jy genoeg bouillon by vir al jou gaste en kook die sop vir ten minste nog ’n uur.

Roer 30 mℓ room en 60 mℓ gekapte pietersielie by die sop net voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment