Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/02/2011

Tuna en aartappel gebak - vir peuselhappies

Hier is ’n maklike tuna en aartappel gebak om te maak. Die geheim is om jou aartappels nie te pap te druk nie.

Meng ’n blikkie fyngemaakte tuna met fyngedrukte, gaar aartappels. Dit moet ’n stywe mengsel vorm.

Rol slange met die mengsel en plaas dit op bakpapier. Lig dit met bakpapier en al op ’n oondplaat en bak in ’n 200ºC oond vir 5 minute.

Laat dit heeltemal afkoel en sny in stukke wat op slaaiblare pas en saam met mayonnaise bedien kan word.

No comments :

Post a Comment