Asynvleis is ’n tradisioneel Suid-Afrikaanse resep.
Die vleis moet binneboud van ’n bees wees. Jy het ’n boud van ongeveer 1,5 kg nodig vir hierdie resep. Jy kan ook beesstert gebruik of ontbeende skaapboud.
Jy het ook die volgende bestanddele nodig:
250 g spek, in stukkies gesny
sout en peper
250 mℓ asyn
2 huisies knoffel
Maak klein snytjies in die vleis, saam met die grein. Druk ’n knoffelhuisie aan weerskante van die vleis in. In die ander snytjies druk jy stukkies spek.
Vryf die vleis in met sout, plaas in ’n bak en gooi die asyn oor. Laat vir ’n dag so lê. Draai die vleis nou en dan om, sodat al die oppervlaktes met die asyn in aanraking kom.
Haal die vleis uit die asyn en laat al die asyn afdrup.
Verhit 125 mℓ olie in ’n swaarboom pot.
Braai die vleis vinnig bruin aan alle kante.
Draai die hitte laer en braai die vleis stadig vir 1½ uur. Gooi gereeld ’n bietjie water by wanneer die vleis begin braai. Draai net een maal om, na 45 minute.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
10/18/2011
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment