1 ui, gekap
2 rape, geskil en in blokkies gesny
2 wortels, geskil en in dun ringe gesny
100 mℓ gekapte pietersielie
’n hand vol surings, gekap
botter
Maak die lewer skoon en sprinkel suurlemoensap oor en laat staan eenkant.
Braai die uie in botter tot sag, draai die hitte af en gooi die lewer by en voeg die rape, wortels, pietersielie en surings by.
Geur met sout en peper.
Voeg 2 liter bouillon by en kook stadig vir ’n uur.
Gooi die sop deur ’n sif en behou die lewer.
Stamp die lewer fyn en meng dit met ’n hand vol broodkrummels, 5 mℓ rooipeper en 5 mℓ suurlemoensap. Roer dit by die sop.
Kook die sop vir nog ’n uur.
Bedien met roosterbrood.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment