Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/03/2011

Doemlaklontjies

Doemlaklontjies is tradisionele lekkergoed.

1 liter suiker
310 ml water
3 ml kremetart
pepermentolie
versiersuiker

Roer die suiker, water en kremetart oor hitte in 'n kastrol tot die water opgelos is.

Kook dit tot die mengsel ongeveer 130ºC. As jy 'n bietjie daarvan in koue water gooi moet dit kraak.

Gooi die mengsel op 'n marmerblad of enemmeloppervlak uit en laat dit afkoel tot dit koud genoeg is om te hanteer.

Brei die mengsel deur dit oor en oor op te vou. Hou aan tot dit begin styf word. Voeg 'n paar druppels pepermentolie by terwyl jy dit brei.

Sny klontjies af en gooi dit in 'n bak met versiersuiker.

Gooi die klontjies oor in 'n glasfles en sorg dat dit met versiersuiker bedek is. Laat dit 'n paar dae staan voor jy dit gebruik.

No comments :

Post a Comment