Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/24/2011

Gerolde skaapblad

1 ontbeende skaapblad
sout en peper
500 mℓ broodkrummels
1 repie spek, fyngekap
50 mℓ fyngekapte neute
30 mℓ suurlemoensap
4 naeltjies
2 mℓ gemengde kruie
1 eier, geklits

Vryf sout en peper in die oor die blad.

Meng die res van die bestanddele saam en druk dit in die plekke waar die been uit die vleis gesny is.
Rol die blad op en bind dit vas met ’n tou.

Verhit olie in ’n kastrol en braai die blad aan alle kante bruin.
Voeg ’n bietjie water by, draai die hitte af en laat dit vleis stadig braai vir 3 uur lank.
Bedien met jou gunsteling vleissous.

No comments :

Post a Comment