Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/23/2011

Boeuf bourguignon

Neem 1 kg kruisstuk (rump steak), sny dit in blokkies en bestrooi dit met meel.

Braai 150 g repies spek in ’n kastrol. Voeg die vleis by en ’n gekapte salot en 2 uie wat in skywe gesny is. Voeg 500 mℓ rooiwyn by en 250 mℓ vleisaftreksel. Geur met sout en peper en voeg ’n bouquet garni en ’n fyngedrukte knoffelhuisie by. Bedek en prut vir 2 uur.

Jy kan klein uitjies aan die einde van die kookproses byvoeg.




(foto Krista)

No comments :

Post a Comment