Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/20/2011

Hazel Food Kersmark

Die Hazel Food Market organiseer ‘n spesiale Kersmark wat sal plaasvind van 10 tot 12 November
2011 en vol gepak sal wees met meer as 80 stalletjies wat enige iets bied van handgemaakte
Kersversierings, tot unieke geskenke, heerlike kos en heelwat meer.

Die Kersmark is juis spesiaal, omdat dit in die aand ook oop is en versier is met ‘n magdom Kersliggies om ‘n feestelike atmosfeer te skep.

Daar is iets vir almal: ‘n springkasteel en aktiwiteit hoekie vir kinders. Jy kan kos te ete by een van die vele kosstalletjies koop en dit by die mark geniet. Daar is ook verskeie stalletjies om rustig deur te snuffel. Jy sal Kersfees kosspesialiteite van verskeie lande vind, wonderlike
handgemaakte Kersversierings en ‘n Kersgeskenk vir elkeen en sy hond!

Moet dit nie misloop nie.

10 November 16h00-21h00
11 November 09h00-14h00
12 November 08h00-14h00 en 17h00-21h00


Greenlyn Village Centre
Hv Thomas Edison & Mackenzie Strate
Menlopark, Pretoria

Vir meer inligting:
Retha van Hoven op 083 554 5636
info@hazelfoodmarket.co.za
www.hazelfoodmarket.co.za

No comments :

Post a Comment