Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/31/2011

Kom eet! Om die tafel met Anita en Deon Meyer

‘Kom eet!’ is ‘n wekroep wat menigmaal in Deon en Anita Meyer se huis opklink.

Deon, ons voorste misdaadskrywer, en sy vrou Anita, uitstekende kok en fotograaf van formaat, deel ’n passie vir motorfietse, vir boeke -- en vir kos. Met vier kinders, en familie en vriende – van bekendes tot die bure langsaan – wat kom inloer, sal jy dié twee dikwels in die kombuis aantref, waar hulle kuier-kuier aan die kook is. Nou nooi Deon en Anita jou uit om te “kom eet” aan die smulgeregte uit die hart van hul huis.

Hulle woon in Durbanville, maar naweke span die Meyers dikwels uit op Loxton. In Kom eet! deel hulle hul resepte van vinnige stadskos tot Karookos uit die Loxton-plaasgemeenskap. Die disse is heerlik, maklik en geliefd. Dit dek ‘n wye verskeidenheid, van Deon se oggendmuesli, vingeraflek-skaapskenkels en murgsagte ribbetjie, tot macaroni-en-kaas vir ’n koue Saterdagaand en sjokoladebroodpoeding of modderkoek vir nagereg.

Die Meyers se kuierkombuis is altyd vol aanloklike aromas. Kom sit aan en deel in die fees.

Kom eet! Om die tafel met Anita en Deon Meyer / deur Deon Meyer, Anita Meyer -- Human & Rousseau, 2011. -- 192 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798151641 : R 250.00

No comments :

Post a Comment