Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/01/2011

Beestongsop

Gebruik die water waarin jy 'n beestong gekook het vir hierdie resep. Behou ook 'n stukkie van die tong en sny dit in klein stukkies.

By die water voeg jy twee geskilde wortels en 'n geskilde raap.
Voeg ook by 'n gesnipperde uie, 'n fyngekapte rissie, 'n stuk blomkool en sout en peper.
Kook dit vir 2 uur, skuim af en laat dit koud word.

Haal die wortels en raap uit die sop en sny dit in klein blokkies. Strooi strooisuiker oor die blokkies.

Verwyder ook die blomkool en kook die sop wat oorbly vir 'n uur.

Plaas die blokkies wortel en raap en die tong in die sop en hou op die plaat tot alles warm is.
Roer 30 ml sjerrie by en bedien die sop saam met varsgebakte brood.

No comments :

Post a Comment