Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/30/2011

Koolbredie

750 g beesvleis, in blokkies gesny
125 g spek
1 kool, gekerf
2 uie, in skywe gesny
3 aartappels, geskil en in klein blokkies gesny
1 rissie, fyngekap
sout en peper

Braai die spek vir 5 minute in 'n kastrol. Voeg die uie en vleis by en smoor alles tot die uie goudbruin is.

Voeg die kool by en meng. Laat dit vir 30 minute stadig kook.

Voeg die aartappels en rissie by, 'n bietjie water en geur met sout en peper. Laat dit stadig kook vir 'n uur. Roer af en toe om te kyk na die vleoistof. Dit moet nie droog kook nie. Voeg bietjie water by indien nodig.

No comments :

Post a Comment