Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
10/16/2011
Silwervis met gemmer, lemmetjie en koljander
1 silwervis, skoongemaak en snye in die lyf gemaak
'n bossie sprietuie, opgesny
3 cm vars gemmer, skoongemaak en fyngesny
30 ml olyfolie
die sap van 3 lemmetjies
1 rissie, ontpit en fyn opgesny
'n handvol koljander, gekap
sout
Meng die bestanddele (nie die vis nie) en plaas in die vis en in die snye.
Vou die vis toe in foelie en maak 'n pakkie deur die kante 'n paar maal om te vou.
Plaas op die rooster.
Die vis behoort 15 tot 20 minute, nadat die pakkie opgeblaas het, reg te wees.
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment