Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/15/2011

Stokvis met lemmetjie en paprika sampioene

500 g stokvis, die vel verwyder, en in porsies gesny
olyfolie
3 ml paprika
60 ml water
die sap van 'n lemmetjie
sout en varsgemaalde swartpeper
100 g klein sampioene
30 ml fyngekapte groen soetrissie

Smeer 'n oondbak met olyfolie.
Plaas die vis in die bak, gooi die water en lemmetjiesap oor, geur met sout en peper en bedek met bakpapier.
Posjeer by 180ºC vir 15 minute.

Na 15 minute verwyder jy die vis uit die oond. Gooi die vloeistof af in 'n kastrol en hou die vis warm. Voeg 'n paar druppels olyfolie by indien dit min lyk.
Braai die sampioene in die sous. Geur dit met die paprika en sout en peper, 2 minute voor jy dit van die hitte verwyder.

Bedien die vis op wilde rys of op pasta. Strooi die soetrissie oor voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment