sout en peper
sampioene, gebraai en in skywe gesny
30 g botter
30 mℓ meel
280 mℓ melk
gerasperde kaas
verbruinde broodkrummels
Smelt die botter, verwyder van die hitte en roer die meel by.
Gooi die melk by en meng goed en sit dit weer op die hitte. Bly roer tot die sous kook. Die sous moet lekker dik wees.
Plaas die vis in ’n gesmeerde oondbak, strooi bietjie sout oor, rangskik die sampioene op die vis en skep die sous oor die vis.
Strooi eers gerasperde kaas oor, gevolg deur broodkrummels.
Bak by 180ºC vir 20 minute.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment