Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/24/2011

Château aartappels / Pommes château

Die Château is ’n afkorting van Châteaubriand, omdat dit veral saam met Châteaubriand biefstuk bedien word.

BESTANDDELE
500 g klein aartappels, geskil
80 g botter
sout


STAPPE
Was die aartappels en droog dit goed af.

Smelt die botter in ’n kastrol, plaas die deksel op en braai die aartappels stadig goudbruin oor matige hitte. Skud die kastrol nou en dan om te verhoed dat die aartappels vassit.
Aan die einde strooi jy sout oor.

No comments :

Post a Comment