125 ml songedroogde tamaties wat in olyfolie geweek is
'n handvol ontpitte, swart olywe, ontpit
'n blikkie salm / jy kan ook twee blikkies tuna gebruik
jou gunsteling pasta
125 ml witwyn
Berei jou pasta voor volgens die aanwysings op die verpakking.
Terwyl die pasta kook plaas jy die tamaties in 'n verhitte pan. Sorg dat daar ten minste 30 ml van die olie in die pan is.
Wanneer dit warm is voeg jy die olywe by en laat dit stadig kook tot die olywe sag en verhit is.
Gooi die wyn by. Verhit tot dit net wil kook. Laat dit prut terwyl jy die salm byvoeg, met water en al.
Prut vir 5 minute en bedien dadelik op die pasta.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment