Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/21/2011

Portugese garnaalsop

6 groot garnale, skoongemaak en die vleis verwyder (behou die res van die garnaal)
2 uie, fyngekerf
2 wortels, fyngekerf,
2 stokke seldery, fyngekerf
90 g botter
suurlemoenblaar
’n hand vol pietersielie
takkie tiemie
1,625 liter bouillon / vleisaftreksel
5 mℓ suiker
120 g meel
60 mℓ witwyn
’n knypie peri-peri
5 mℓ suurlemoensap
5 mℓ sampioensous
5 mℓ vissous

Sit die groente, botter, suurlemoenblaar, pietersielie en tiemie saam in ’n kastrol en laat dit stadig kook vir 30 minute.

Gooi 1,5 liter bouillon by en bring tot kookpunt. Intussen maak jy ’n pap van die meel en suiker daardeur saam met ’n bietjie water te roer. Gooi dit by die sop, roer goed en draai die hitte af tot baie laag.

Neem nou die res van die garnaal wat oorgebly het nadat jy die vleis verwyder het en kook dit stadig in ’n kastrol saam met 125 mℓ bouillon en die witwyn vir 30 minute. Gooi dit dan deur ’n sif by die sop.

Roer die peri-peri, sampioensous, suurlemoensap en vissous by die sop.

Sit die garnaalvleis in die sop en kook die sop vir 10 minute.

Bedien so warm as moontlik.

No comments :

Post a Comment