Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/19/2011

Salsa verde

Die jaareindfunksie het ’n Mexikaanse tema gehad. Ek moes ’n bydrae lewer vir die souse. My (enigste) Mexikaanse resepteboek het ’n salsa verde gehad wat lekker gelyk het. Dis nou ’n paar dae later en ek weet hoe om te verbeter op die resepteboek se weergawe. Dié resep is genoeg vir ’n lekker groot partytjie indien jy dit saam met nachos voorsit. Hier is dit:

2 murgpampoentjies, in skyfies gesny
750 g geblikte tamaties
3 rissies (ek verkies jalapeno), ontpit en fyn opgesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
’n hand vol vars koljander, fyn gekap
sout
varsgemaalde swartpeper
30 mℓ olie
opsioneel: (groente - / hoender - ) aftreksel

Jy verhit die murgpampoentjies en tamatie saam en laat dit prut tot die murgpampoentjies sag is.

Gooi die tamaties en murgpampoentjies in voedselverwerker en verwerk tot fyn.

Gooi die sous terug in die kastrol en voeg die knoffel, rissies en koljander by. Laat dit stadig prut. Geur met sout en peper.

Wanneer jou sous ’n bietjie afgekook het verhit jy die olie in ’n ander kastrol. Gooi die warm sous daarin en kook so hoog as moontlik vir 5 minute. Jy kook die sous om dit dikker te maak.

Proe vir sout en kook dan vir nog 5 minute. Indien jou sous te droog kook benat jy dit met die aftreksel.

Jou salsa is nou gereed. Die salsa kan tot ’n week in die yskas gehou word.

No comments :

Post a Comment