Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/30/2011

Baba au Rhum / Rum baba

Baba au Rhum is 'n koek wat met rum deurweek word. Dié nagereg word gereeld verkeerdelik beskryf as 'n Franse uitvindsel, terwyl ons eintlik die Pole hiervoor moet bedank. Die "baba" is afgelei van woorde wat in Slawiese tale gebruik word vir "ouma / ou vrou".

Mens gebruik 'n swaar, donker rum vir babas, nie die ligte of wit soorte nie. Die vrugte kan enige soort wees waarvan jy hou. Jy kan selfs die klaargemaakte, geglaseerde vrugte koop.

Jy het 6 koekpannetjies nodig wat elkeen 'n koek vir een persoon kan bak.

125 ml pitlose rosyntjies
60 ml rum
15 ml gis
80 ml warm melk
250 ml koekmeel
2 eiers
75 ml ongesoute botter
knypie sout
5 ml suiker

Vir die stroop het jy die volgende bestanddele nodig:

250 ml suiker
200 ml water
5 ml vanillageursel
60 ml rum
200 ml glaseersel (verkieslik appelkoos)
500 ml vrugte vir versiering
250 ml geklopte room

Week die rosyne in die 60 ml rum.

Los die gis op in die warm melk in 'n mengbak. Laat dit op 'n warm plek staan vir 10 minute.

Meng die eiers en meel by die melkmengsel tot dit 'n deeg begin vorm. Bedek die bak en laat dit so staan by kamertemperaturr vir 45 minute.

Meng die botter, sout en suiker by die deeg.
Meng die rum en rosyne by.

Baba au rhum word normaalweg as individuele porsies gebak. Smeer jou individuele koekpannetjies met botter en maak elkeen vol met die deeg. Bak by 180ºC vir 25 minute.

Vir die stroop meng jy die suiker en water in 'n kastrol tot die suiker opgelos is.
Verwyder van die hitte en laat afkoel.

Roer die vanilla en 60 ml rum by die stroop.

Doop elke koek in die stroop en laat dit soveel stroop as moontlik absorbeer.

Verhit die glaseersel en verf die koeke daarmee.

Plaas elke koek op 'n bordie en versier met die room en vrugte, of bedien die room apart.


No comments :

Post a Comment