Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/10/2011

Bedek met krummels

’n Krummelkors vir vis of vleisgeregte is makliker gesê as gedaan. Tensy jy natuurlik hierdie maklike aanwysings volg.

Jy het 3 mengbakke nodig.

In nommer 1 gooi jy die meel en geur die met sout en peper.
In nommer 2 breek jy ’n eier en klits 10 ml melk liggies by met ’n vurk.
In nommer 3 gooi ons die vars broodkrummels, gemeng met jou gunsteling vars kruie wat fyngekap is – pietersielie bly ’n gunsteling.

Die vis, vleis of groente gaan eers in bak nommer 1, dan 2 en laastens nommer 3. Plaas dit op ’n bakplaat en hou in die yskas vir 30 minute.

No comments :

Post a Comment