Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/20/2011

Die regte keuse wyn vir kaas

Indien kaas die oorweldigende bestanddeel, of selfs enigste kos op die tafel is, is jou keuse van wyn baie belangrik. Die verkeerde wyn by ’n kaas kan ’n wrang smaak in jou gaste se mond nalaat.

Hierdie is ’n vereenvoudigde gids vir kombinasies van wyn kultivars en kaas.


Bloukaas – Jy kan nie verkeerd gaan met ’n soet laatoes wyn nie.

Bokmelkkaas – Bokmelkkaas en sauvignon blanc is ’n klassieke kombinasie.

Brie – Sauvignon blanc pas ook by brie.

Camembert – ’n Vrugtige rooiwyn kan gedrink word by ’n camembert wat nog nie te ryp is nie. Die wyn moet nie te droog wees of te lank in hout gele het nie. Probeer ’n pinot noir.

Cheddar – Vir ’n lekker sterk cheddar het jy ’n swaar botterige chardonnay nodig.

Gouda – Gouda kan saam met chardonnay of port bedien word.

Gruyere – Niks lekkerder as ’n jong gruyere en ’n chardonnay wat liggies gehout is nie.

Parmesaan – Vonkelwyn word saam met parmesaan bedien, verkieslik een wat al bietjie verouder is.


Moets en moenies
Droë witwyn is geskik vir ’n fondue.
Vermy enige iets wat in asyn ingelê is of soet, ingelegde vrugte wanneer jy happies saam met wyn bedien.

(foto Bart Heird)

No comments :

Post a Comment