1 hoender, in stukke gesny
1 ui, gekap
botter
1 blik tamatiepuree
125 ml witwyn
sout en varsgemaalde peper na smaak
Berei eers die sous voor deur die tamatiepuree en witwyn saam te prut tot dit bietjie afgekook het. Geur met sous en peper.
Braai die hoenderstukke bruin in botter. Terwyl die hoender braai gooi jy die uie by.
Wanneer die hoenderstukke alkante bruin is draai jy die hitte af en gooi die sous by. Prut die hoender in die sous tot dit gaar is.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment