60 g botter
150 ml warm melk
120 g koekmeel
5 ml bakpoeier
olie
sout
varsgemaalde swartpeper
Smelt die botter in die melk.
Sif die meel en bakpoeier saam en maak 'n holte in die middel van die mengsel.
Gooi die melkmengsel in die holte en meng tot jy 'n sagte deeg het. Knie die deeg tot dit elasties is (omtrent 5 minute).
Vou die deeg toe in plastiek en laat dit rus vir 2 ure.
Rol die deeg uit tot dit 'n ½ cm dik is. Sny dit in vierkante wat in jou pan sal pas.
Verhit olie in die pan en braai die vierkante tot dit goudbruin is aan beide kante.
Dreineer die vierkante op kombuispapier. Geur met sout en peper terwyl dit nog warm is.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment