Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/01/2011

Spekulaas

Spekulaas is ’n tradisionele Nederlandse koekie. Dit word op 6 Desember tydens die Fees van Sint Nikolaas geëet.

100 g botter, by kamertemperatuur
150 mℓ suiker
1 eier
gerasperde skil van ½ suurlemoen
480 mℓ koekmeel
5 mℓ bakpoeier
knippie sout
5 mℓ gemaalde kaneel
2 mℓ gemaalde neutmuskaat
2 mℓ gemaalde naeltjies
1 mℓ kardemom
1 mℓ witpeper
1 mℓ gemaalde gemmer
125 mℓ amandels, fyngekap

Room die botter en suiker saam.
Voeg die eier en skil by en klits goed.

Sif die meel, bakpoeier, sout en speserye saam.
Voeg die helfte van die meelmengsel en amandels by die bottermengsel. Meng goed.
Voeg geleidelik die res van die meelmengsel by en knie tot dit ’n stywe deeg vorm.
Draai die deeg in kleefplastiek toe en plaas vir 4 uur in die yskas.

Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot dit 6 mm dik is. Druk uit met ’n koekiedrukker en plaas dit op ’n gesmeerde bakplaat, tensy jy natuurlik so gelukkig is om spekulaasvorms (sien foto) te besit wat jy met die deeg kan uitvoer. Bak vir 15 minute by 200ºC tot goudbruin.

Laat die koekies op die bakplate afkoel voor jy dit op ’n draadrak uitkeer.

No comments :

Post a Comment