Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/30/2011

Tuna met groen olywe

Vir 4 persone benodig jy:

4 tunafilette
1 blikkie gekapte tamaties
12 ontpitte, groen olywe, opgekap
15 ml suurlemoensap
1 knoffelhuisie, fyngekap
knypie origanum
1 lourierblaar
1 jalapeno, ontpit en fyn opgesny
15 ml olyfolie
sout en peper na smaak

Verhit die olie in 'n pan en braai die filette bruin aan een kant. Hou die vis eenkant.

Gooi die tamaties, olywe, suurlemoensap, origanum en lourierblaar in dieselfde pan. Verhit stadig en skraap die pan se bodem skoon. Sodra alles warm is plaas jy die vis op die sous met die gebraaide kant na bo. Kook oor medium hitte vir 10 minute.

Bedien die tuna saam met bruinrys.

No comments :

Post a Comment