Vir die bolaag meng jy ¼ koppie gerasperde parmesan met ¼ koppie broodkrummels.
Vir die sous meng jy:
2 blikkies gekapte tamaties
2 fyngedruk knoffelhuisies
1 ui, baie fyn opgesny
1 rissie, ontpit en fyn opgesny
’n hand vol ontpitte swart olywe
¼ koppie koppie olyfolie
sout en varsgemaalde peper na smaak
’n handvol basiliekruid, fyn opgekerf
Gooi die sous in ’n oondbak en bedek met die kaasmengsel. Bak in ’n 200°C oond vir 45 minute. Die kaas moet ’n kors vorm.
Meng die sous met jou pasta en bedien.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment