Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/12/2012

ANC-wyn nou beskikbaar

'n Reeks wyne wat die ANC se eeufeesvieringe gedenk is pas bekendgestel.

Dit bestaan uit 'n duur, beperkte reeks en 'n meer bekostigbare reeks wat landwyd beskikbaar is.

Die prys vir die beperkte reeks wissels van R3 500 tot R4 500 per bottel, elk met 'n unieke nommer. Dit bestaan uit verskeie bottels wat die 10 dekades van die ANC se bestaan herdenk.

Dekade 1 tot 6 sal in die vrye handel te koop wees, maar dekades 7 tot 10 sal opgeveil word saam met kunswerke van Suid-Afrika se voorste kunstenaars. Die kunswerke is spesifiek geskep vir die doel.

Vir dekades 8 en 9 is daar net twee bottels wyn elk en vir dekade 10 net een.

Die kunstenaars sluit in Mbongeni Buthelezi, Vusi Mfupi, Nkosinathi Mncube, Yda Walt, Nkosinathi Thomas Ngulube, Paul Blomkamp, Zolile Phetsane en Sam Nhlengethwa.

Die goedkoop wyn verkoop tussen R100 en R140.

'n Gedeelte van die wins op die verkoop van die wyn gaan aan die ANC.

No comments :

Post a Comment