Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/13/2012

Kos in ’n kits vir volgehoue energie

Ons weet almal dat gesonde kos en kos met ’n hoë voedingswaarde baie belangrik is vir ons langtermyn gesondheid en energievlakke elke dag. Maar helaas, met druk programme en vol werksdae bly dit ’n groot uitdaging om goed en gesond te eet.

Kos in ’n kits vir volgehoue energie gaan nie oor onbereikbare ideale nie. Dit is ’n praktiese, doenbare gids vir gewone mense met vol lewens en baie verskillende verpligtinge.

Met dié boek se hulp kan enigiemand elke dag gesond en gebalanseerd eet. Met ’n paar kleinerige veranderinge kan groot verskille gemaak word. Geniet byvoorbeeld steeds wegneem-pizzas en hamburgers – maar pas jou porsie-grootte aan en sit kleurryke groentes of slaai by ...

Met dié nuttige boek byderhand kan jy beter besluite oor kos-kombinasies maak en sonder sukkel baie beter eet.


Kos in ’n kits vir volgehoue energie / deur Gabi Steenkamp en Celynn Erasmus -- Tafelberg, 2011. -- 240 p. ; sagteband. -- ISBN 9780624052678 : R 199.95

No comments :

Post a Comment