Die kokke van Marseilles het hul eie manier van vissop maak.
1 kg skoongemaakte stokvisfilette, in groot stukke gesny
250 ml witwyn
125 g gekapte uie
'n handvol gekapte pietersielie
1 prei, gekap
1 tamatie, geskil en in kwarte gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
sout en peper
knippie fyngekapte, vars vinkel
125 ml olyfolie
Plaas die groente en geurmiddels in 'n soppot met die vis bo-op. Bedek alles met water en gooi die witwyn by. Bring tot kookpunt en voeg die olyfolie by sodra dit kook.
Verlaag die hitte en prut vir 15 minute, maar verwyder die vis na 8 minute en hou dit eenkant tot die res klaar is.
Plaas geroosterde Franse brood in sopborde en gooi die vuurwarm sop oor die brood. Bedien die vis in die sop of apart.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment