Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/19/2012

Bordeaux-sous

1 ui, fyngekap
15 ml botter
500 g beesvleis, in stukke gesny
500 g kalfsvleis, in stukke gesny
250 ml rooiwyn - verkieslik 'n Bordeaux

Plaas al die bestanddele saam in 'n pot en gooi 250 ml water oor.
Laat dit kook tot die vleis bruin is, maar pasop dat dit nie brand wanneer meeste water weggekook is nie.

Gooi 1 liter kookwater oor saam met:

sout
4 wortels, fyngesny
'n handvol, fyngesnyde pietersielie
1 fyngesnyde stronk seldery
4 naeltjies
knippie peper
1 knoffelhuisie, fyngesny

Prut stadig oor lae hitte vir 3 ure.

Gooi deur 'n sif en bring weer tot kookpunt.

No comments :

Post a Comment