Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/18/2012

Foute met jellie

'n Perfekte jellie is helder en deurskynend met 'n mooi kleur. Gebruik 'n mengsel van ryp en groen vrugte. Dit verbeter die geur van die jellie en sorg dat dit 'n mooi kleur het.

Jellie is wolkerig
Oorsaak:
Dit het te lank gekook voor die suiker bygevoeg is.
Of
Die jellie is nie dadelik in gesteriliseerde houers geplaas nadat dit klaar gekook het nie.
Of
Nie alle stingels is van die vrugte  verwyder nie.

Kristalle in jellie
Oorsaak:
Te veel suiker gebruik.
Of
Die suurinhoud van die jellie is te laag. Oorryp vrugte bevat gewoonlik te min suur. Groen vrugte of wynsteensuur kan gebruik word om die suurinhoud te verhoog.

Gomagtige jellie
Oorsaak:
Die jellie het te lank gekook.
Of
Die jellie het te stadig gekook.

Taai / Stywe jellie
Oorsaak:
Te min suiker gebruik.
Of
Die jellie het te lank gekook.

Sagte, stroperige jellie
Oorsaak:
Die konfyt het nie lank genoeg gekook nie.
Of
Die pektieninhoud van die vrugte was te laag. Oorryp vrugte bevat gewoonlik te min pektien.

Waterige laag op jellie
Oorsaak:
Die suurinhoud is te hoog.

No comments :

Post a Comment