Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/17/2012

Kleftiko

Kleftiko beteken "gesteel" in Grieks. Die naam verwys na die dae toe Griekse vryheidsvegters hulle kos moes steel en dit so moes voorberei dat niemand dit sou kon ruik nie.

4 lamskenkels

Marineer die skenkels in 'n mengsel van:

160 ml olyfolie
die sap van 2 suurlemoene
80 ml vars origanum
80 ml vars roosmaryn
6 knoffelhuisies, fyngesny
sout en varsgemaalde swartpeper

Laat staan dit vir ten minste 2 ure.

Terwyl die vleis marineer meng jy die volgende saam:

2 rooi uie, in kwarte gesny
4 wortels, in ringe gesny
200 g rou ertjies
800 g geblikte artisjokke
200 g feta, in blokkies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper

Deel die groentemengsel in 4.

Knip stukke foelie wat elkeen groot genoeg is vir 'n skenkel en 'n ¼ van die groentemengsel. Maak dan 4 pakkies met die skenkels en groente en sorg dat dit dig toe is.

Plaas die pakkies in 'n oondbak en voeg 1 liter water by. Bak by 160ºC vir 4 ure. Indien die water opdroog moet jy dit aanvul.

Bedien saam met geroosterde aartappels.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

No comments :

Post a Comment