Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/04/2012

Gestoofde beesvleis

Gebruik oorskiet braaivleis hiervoor. Sny die vleis baie fyn. 500 ml vleis is nodig vir hierdie resep.

Jy het ook nodig:

1 ui, in skywe gesny
60 ml botter
250 ml vleisaftreksel
4 koppies gekookte aartappels, in blokkies gesny
sout en peper

Smelt die botter in 'n kastrol en braai die uie daarin tot ligbruin.

Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Laat warm word, terwyl jy dit af en toe roer.

No comments :

Post a Comment