Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/16/2012

Hoe om eierwit te klop

Die goue reël vir eierwit klop is dat alles moet silwerskoon wees. Jou hande, die handklitser en die bak.

Gebruik 'n mengbak van koper of vlekvrye staal, hulle is gewoonlik skoner as 'n plastiekbak.

Maak seker daar is geen geel in jou eierwit nie. Breek jou eiers eers in 'n klein bakkie voor jy dit in die mengbak gooi. Onthou: koue eiers skei makliker.

Om die proses makliker te maak kan jy 'n knippie sout of 'n paar druppels suurlemoensap byvoeg.

No comments :

Post a Comment