Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/24/2012

Ingelegde olywe


Jy kan groen of swart olywe geruik vir hierdie resep. 'n Swart olyf is gewoon 'n ryp olyf.

Gooi jou olywe op 'n harde, verkieslik graniet, oppervlak en kneus hulle liggies. 'n Alternatief is om elkeen met 'n vurk te prik of 3 snytjies in elkeen te maak. Dit laat die soutwater toe om die olyf te penetreer en so van bitterheid ontslae te raak en dit te bewaar.

Gooi hulle in 'n emmer skoon soutwater. Gebruik 'n ½ koppie growwe sout vir elke 2,5 liter water.  Vervang die soutwater elke dag. Doen dit vir 12 dae vir groen olywe en 10 dae vir swart olywe. Sorg dat die olywe onder die wateroppervlak bly. Sit sommer 'n bord bo-op. Na 12 dae behoort die meeste bitterheid uit die olyf te wees. Byt een om te proe.

Nou moet jy dit nog een keer in soutwater laat lê, warm soutwater. Die verhouding is nou 1 koppie sout vir elke 2,5 liter warm water. Los eers die sout op in die water oor hitte. Laat dit dan kook en laat staan om af te koel.

Pak die olywe in flesse en gooi die soutwater oor. Voeg enige kruie of ander geurmiddels by, indien jy dit verlang. Laat 'n klein spasie bo in elke fles vir 'n bietjie olyfolie. Dit maak dit moeiliker vir lug om by jou olywe uit te kom. Seël die flesse. Hierdie metode het 'n raklewe van 12 maande.

Dit is beter om die volgende metode te volg wanneer jy olywe eet:

Gooi die soutwater/ kommersiële mengsel af en vul die fles met skoon water. Laat dit in jou yskas staan vir 24 uur voor jy dit bedien.

1 comment :