Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/23/2012

Mueslibeskuit

700 g botter
750 mℓ karringmelk
500 mℓ suiker
4 eiers, geklits
1,5 kg bruismeel
45 mℓ bakpoeier
7 mℓ sout
300 g graanvlokkies
300 g muesli

Smelt die botter in 'n swaarboomkastrol en voeg die karringmelk en suiker by.
Verwyder van die hitte en voeg die eiers by.

Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam.
Voeg die bottermengsel, graanvlokkies en muesli by. Meng goed.

Vorm die mengsel in balletjies en pak dit in gesmeerde oondpanne.

Bak 45 minute lank in 'n 180°C-oond.

Keer dit uit op 'n draadrak om af te koel, maar breek die balle terwyl dit nog effens warm is.

Droog die beskuit oornag in 'n 50°C-oond.

Hierdie resep maak sowat 140 stukke beskuit.

No comments :

Post a Comment