Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/21/2012

Madeira-koek

225 g botter
gerasperde skil van ½ suurlemoen
280 g strooisuiker
5 eiers
365 g koekmeel
knippie sout
10 mℓ bakpoeier
200 mℓ melk
stuk versuikerde vrugteskil

Verroom die botter saam met die suurlemoenskil. Voeg die suiker geleidelik by en klop tot die mengsel lig en sag is.
Klop die eiers een vir een by, asook 10 mℓ van die meel.

Sif die res van die meel saam met die bakpoeier en sout.
Vou dit, saam met die melk, by die eiermengsel.

Smeer 'n 20 cm koekpan met botter en gooi die mengsel daarin.
Bak by 180°C vir 1½ uur.
Na 30 minute sit jy die stuk versuikerde vrug op die koek en verlaag die hitte na 160°C.
Die koek is gaar wanneer dit vanself uitdy indien jy liggies daarop druk.

No comments :

Post a Comment