Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/06/2012

Moules marinières

Hierdie is ’n lekker gereg om voor te sit vir ’n vinnige informele ete.

30 mℓ gekapte uie
30 mℓ botter
250 mℓ witwyn
genoeg mossels om jou pot se boom vol te pak, skoongeskrop

Smelt die botter in ’n groot pot en voeg die uie by. Prut vir 2 minute.

Voeg die wyn by en pak die mossels in. Plaas die deksel op en kook oor lae hitte vir 10 minute.

Haal die deksel af en kyk of die mossels oop is. Indien nie, moet jy dit verder kook. Daar is egter altyd een of twee wat nie wil oopgaan nie, gooi hulle weg.

Haal die mossels uit wanneer dit reg is en hou eenkant in ’n warm bak.

Kook die vloeistof wat oorbly ’n bietjie af.
Dan voeg jy by:

30 mℓ botter
5 mℓ gekapte pietersielie
die sap van 1 suurlemoen

Roer die mengsel tot dit glad is, maar moet dit nie laat kook nie.
Gooi die sous oor die mossels.
Jy eet die gereg met ’n lepel, sodat jy van die sous ook kan opslurp. Skep die mossels uit die skulpe soos jy eet. ’n Warm Franse brood is ideaal om die laaste sous mee te eet.

No comments :

Post a Comment