Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/07/2012

Victoria-laagkoek

170 g botter
170 g strooisuiker
3 eiers
170 g bruismeel
knippie sout
30 ml melk
45 ml warm konfyt
strooisuiker

Smeer 'n koekpan en voer dit uit met bakpapier.

Verroom die botter en strooisuiker saam.

Klop die eiers en voeg dit geleidelik by die bottermengsel. Klop alles saam.

Sif die meel en sout saam en deel in 3 dele. Vou elke deel afsonderlik by die bottermengsel. Voeg dan net genoeg melk by tot die beslag van die lepel val.

Gooi die mengsel in die koekpan en bak 45 minute lank by 180ºC.
Die koek is gaar wanneer dit vanself uitdy indien jy liggies daarop druk. Dit moet goudbruin van kleur wees en wegkrimp van die kante van die koekpan.

Plaas 'n draadrak uit en plaas handdoekpapier daarop. Keer die koek uit op een rak en verwyder die bakpapier. Laat die koek afkoel voor jy dit in die helfte deursny. Smeer konfyt tussen die helftes. Ander opsies is suurlemoensmeer of room en aarbeie. Strooi strooisuiker oor die koek.

(foto Tim Regan)

No comments :

Post a Comment