Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/28/2012

Semelbeskuit

1 kg bruismeel
5 mℓ sout
250 mℓ spysverteringsemels
250 g botter
125 mℓ suiker
500 mℓ karringmelk
2 eiers

Sif die meel en sout saam en voeg dan die semels by.
Vryf die botter by.

Klits die eiers, suiker en karringmelk saam. Voeg dit by die meelmengsel. Meng goed.

Vorm die deeg in balletjies en pak dit in 'n gesmeerde broodpan.

Bak 50 minute by 180°C.

Keer die beskuit uit op 'n draadrak om effens af te koel voor jy dit breek.

Droog oornag in 'n oond by 50°C.

No comments :

Post a Comment