Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/02/2008

K Glossarium, Woordelys van Kookterme - voedsel en wyn

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

kaaleier
’n Geposjeerde eier. (stoomeier, kalfsoog)

kaalgatperske
’n Perske met ’n gladde skil. (gladdeperske, kaalperske, nektarien)

kaalgras
’n Graansoort. (barlewiet, kaalkopgars, kaalgars)

kaalperske
’n Perske met ’n gladde skil. (gladdeperske, kaalgatperske, nektarien)

kaambessie
’n Boom met eetbare bessies wat suursout smaak. (bergpruim)

Kaapse grysbok
’n Soorte wildsbokkie, Rhaficerus melanotis, wat in die Suid- en Oos-Kaap in Suid-Afrika voorkom.

Kaapse Riesling
Druifsoort gebruik vir die maak van ’n droë wit wyn. (Suid-Afrikaanse Riesling)

Kaapse salm
’n Groterige soort seevis, Atractoscion aequidens.

kaas (cheese)
’n Voedselsoort wat uit room of dik gemaakte melk berei word.

kaas-en-wyn
’n Geselligheid waar versnaperinge bedien word, veral kaas en wyn. (kaas-en-wyn-geselligheid, kaas-en-wyn-onthaal)

kaas-en-wyn-geselligheid
’n Geselligheid waar versnaperinge bedien word, veral kaas en wyn. (kaas-en-wyn, 'n kaas-en-wyn-onthaal)

kaas-en-wyn-onthaal
’n Geselligheid waar versnaperinge bedien word, veral kaas en wyn. (kaas-en-wyn-geselligheid, kaas-en-wyn)

kaasbord
’n Bord waarop kaas bedien of geëet word. Soms het dit ’n deksel, dan word dit ook gebruik om kaas te bewaar.

kaasdoek (butter cloth, butter muslin, cheesecloth)
’n Tipe materiaal waardeur voedsel gepers of gesif word.

kaaskleursel
’n Gelerige vloeistof waarmee kaas gekleur word.

kaaskoek (cheesecake)
’n Tert met ’n onderkors van tertdeeg of beskuitjies gevul met ’n maas- of roomkaasmengsel met suiker, eiers en botter.

kaaskop
Houtvorm waarin sommige soorte kaas gepers word.

kaasmakery
Die proses van kaas maak of die plek waar die proses plaasvind.

kaasmark
’n Plek waar hoofsaaklik kaas verkoop word.

kaasmiet
’n Soort miet wat in kaas voorkom.

kaasomelet
’n Omelet waarin kaas die hoofbestanddeel is.

kaaspers
’n Stuk gereedskap waarmee kaas die voldoende digtheid gegee word.

kaasplank
’n Bord waarop kaas bedien of geëet word.

kaasstof
Kaasstof is gestremde melk waaruit kaas gemaak word. (wrongel).

kaasstolp
’n Deksel van glas wat saam met die kaasbord gebruik word.

kaasstremsel
’n Middel wat melk tot kaas laat strem.

kaasvlieg
’n Soort rooikopvlieg waarvan die larwe in kaas gevind word.

kaasvorm
’n Vorm waarin kaas gemaak word.

kaaswei
’n Vloeistof wat oorbly tydens die vervaardiging van kaas.

kabeljou (cod, kob)
’n Baarsagtige stekelvinvis, Johnius hololepidotus, met 'n blouerige swart bosy, silwerige ondersy, gladde skubbe en geronde stertvin, aangetref om die Suid-Afrikaanse kus, by Australië, in die Atlantiese Oseaan en in die Middellandse See. Die naam word ook gebruik vir 'n sagvinnige Noord-Atlantiese roofvis, Gadus morrhua, wat lewertraan as byproduk lewer.
(boerkabeljou, kob, rietbul, cabillaud [kaa-bee-jo], morue)
Hoe om ’n heel vis oop te braai – deur Jan Braai

kaboe
Graan, ongebreek en ongestamp, wat in water gekook is.

kaboekoring
Opgekookte heel koringkorrels.

kaboemielies
Mieliepitte, ongebreek en ongstamp en in water gekook.
Kaboemielies resep

kafee
’n Minder deftige restaurant wat ligte maaltye verkoop, maar nie alkoholiese drankies nie.

kafeïen (caffeine)
’n Wesenlike bestanddeel van koffie.

kafeïene (caffeine)
’n Wesenlike bestanddeel van koffie.

kafeïengehalte
Die hoeveelheid kafeïen as ’n bestanddeel van ’n koffiemengsel.

kafeïenegehalte
Die hoeveelheid kafeïene as ’n bestanddeel van ’n koffiemengsel.

kafeteria
’n Eetplek van die klante hulleself bedien.

kafferbroodboom
Een van verskeie soorte bome waarvan die binneste pit van die stam soms as voedsel gebruik word.

kafferwaatlemoen
Die vrug van ’n rankgewas Citrullus lanatus. (makataan)

kafkos
Kos wat vinnig klaargemaak word, sonder om aandag te gee aan die voedingswaarde.

kaiings (cracklings)
Die deeltjies wat oorbly wanneer stukkies dierevet uitgebraai word.

kakamas
’n Taaipitperske wat besonder geskik is vir inmaak. (kakamasperske)

kakamasperske
’n Taaipitperske wat besonder geskik is vir inmaak. (kakamas)

kakao (cocoa)
Die saad van die kakaoboom wat gebruik word vir die voorbereiding van sjokolade of kakaobotter. (cacao)

kakaoboom
’n Tropiese boom van ongeveer 8 tot 9 meter hoog waarvan die sade kakao bevat.

kakaoboon
Die sade uit die kakaoboom se komkommervormige vrugte.

kakaobotter (cocoa butter)
Die vet wat uit kakaobone gepers word. Die word gebruik vir salf of seep.

kakaopoeier
Fyngemaalde kakaobone in oplosbare vorm.

kakaovet
Die vet wat uit kakaobone gepers word. Die word gebruik vir salf of seep.

kakivrug (persimmon)
’n Sagte, soet vrug met ’n oranje-geel kleur. (tamatiepruim)

kakoer
Die kakoer is ’n wildewaatlemoen nes die samma. Bekend in die omgewing van Oudtshoorn en Britstown. (karkoer, kakoertjie, kakoeretjie)

kakoeretjie
Die kakoer is ’n wildewaatlemoen nes die samma. Bekend in die omgewing van Oudtshoorn en Britstown. (karkoer, kakoertjie, kakoer)

kakoertjie
Die kakoer is ’n wildewaatlemoen nes die samma. Bekend in die omgewing van Oudtshoorn en Britstown. (karkoer, kakoer, kakoeretjie)

kaladium
’n Tropiese plant met eetbare wortels.

kalbas (gourd)
Die eetbare vrug van die kalbasplant. Die uitgedroogde dop van die plant wat gebruik word vir die bewaring van voedsel en drank.

kalbasboom
’n Tropiese boom met vrugte wat geëet word.

kalbasdop
Die uitgedroogde dop van die kalbas wat gebruik word vir die bewaring van voedsel en drank.

kalbaskoekie
’n Koekie van meel en gaar, groen kalbassies. Soortgelyk aan die pampoenkoekie.

kalbaskonfyt
Konfyt gekook van jong kalbassies.

kalbaslepel
’n Lepel gemaak 'n kalbasdop. Dis voorheen gebruik vir die oorskep van mos tydens wynmaak.

kalbasmelk
Suurmelk wat in ’n kalbas voorberei is.

kalbaspampoen
’n Soort pampoen> wat soos ’n kalbas lyk. (selonspampoen)

kalbaspatat
’n Ronde patat. Die plant se blare lyk soos ’n kalbas.

kalbaspeer
’n Groot, langwerpige peersoort wat lyk soos ’n kalbas.

kalf
’n Jong bees.

kalfsbors
Die borsstuk van 'n geslagte kalf.

kalfsboud
Die boud van 'n geslagte kalf.

kalfskop
Die kop van ’n geslagte kalf.

kalfsoog
’n Geposjeerde eier. (stoomeier, kaaleier)
Kalfsoog resep

kalfsvleis (veal)
Die vleis van ’n geslagte kalf.
Gesmoorde kalfsvleis Orloff

kalfsvleis cordon bleu (veal cordon bleu)
Dungesnyde kalfsvleis gevul met kaas en ham, in krummels gerol en in olie gebraai.

kalfsvleisrolletjies (veal birds)
Dun sny kalfsvleis wat van die binneboud afgesny is. Dit word platgedruk, gestop en opgerol en gestowe.

Kaliforniese groen rissie
’n Liggroen rissie met ’n matige geur en ’n ligte byt. (Anaheim-rissies)

kalkoen (turkey)
’n Groterige eetbare voël.
Kalkoen met granate

kalkoeneier
Die eier van die kalkoen.

kalkoentjie
’n Verkleinwoord vir ’n kalkoen. Die naam word ook gebruik vir verskeie voëls wat verwant is aan die kalkoen.

kalorie (calorie)
Die brandstofwaarde van voedsel.

Kaltschale
’n Duitse vrugteslaai gegeur met wyn of likeur.

kam
Die vlesige uitsteeksel op die kop van ’n hoenderhaan of ander voëls wat tot die hoenderfamilie behoort.

kambro
’n Langwerpige, patatagtige veldkos van die geslag Fockea wat eetbaar is en ’n melkerige sap bevat. Dit kom veral voor in die Karoo-streke. Die naam word ook gebruik vir knolgewasse van die familie Apocynaceae. (kammaro)

kameel (camel)
Die vleis van die kameel is veral gewild in Noord-Afrika en die Midde-Ooste. Die vleis is soortgelyk aan kalfsvleis. Kameelmelk het hoë voedingswaarde.

kammaro
’n Langwerpige, patatagtige veldkos van die geslag Fockea wat eetbaar is en ’n melkerige sap bevat. Dit kom veral voor in die Karoo-streke. Die naam word ook gebruik vir knolgewasse van die familie Apocynaceae. (kambro)

kammossel
’n Mossel met gegroefde kleppe en ’n mooi gekleurde skulp.

kampernoelie
’n Groep fungi (sien fungus) met ’n sambreelagtige voorkoms. Slegs party soorte is eetbaar, ander is giftig. Die soort Agaricus campestris kan kunsmatig gekweek word. (sampioen, paddastoel)

Kanadese spekvleis (Canadian bacon)
Varklende sonder been wat gerook en gekuur is.

kanapee
’n Happie wat bestaan uit brood met seekos daarop. (canapé)

kandy
Gekristalliseerde suiker. (kandysuiker, teesuiker)

kandysuiker
Gekristalliseerde suiker. (kandy, teesuiker)

kaneel (cinnamon, ground cinnamon)
Die gedroogde binnebas van die kaneelboom wat as spesery gebruik word. Die gewildste variëteite is afkomstig van Sri Lanka en China.

kaneel-roosterbrood (cinnamon toast)
Roosterbrood gesmeer met botter en bestrooi met suiker en gemaalde kaneel.

kaneelolie
’n Geelbruin olie wat lekker ruik en gebruik word om voedsel of drank te geur.

kaneelsuiker
’n Mengsel van suiker en fyn kaneel. Dit word gewoonlik oor pannekoek gestrooi.

kaneeltee (cinnamon tea)
’n Warm drankie gemaak van melk, suiker, water en kaneel. Dit bevat geen tee nie.

kangaroe
’n Groot Australiese buideldier.

kanika
’n Eetbare plant met ’n blomkoolsmaak wat in die Hardeveld voorkom. Dit kan rou geëet of gebraai word. (kannie, jakkalskos, soetpappie)

kanna
Meeste mense ken die kanna as ’n blomplant, maar die Koi gebruik ook die naam om te verwys na verskeie eetbare bolplante soos die kambro of die wildepatat.

kannie
’n Eetbare plant met ’n blomkoolsmaak wat in die Hardeveld voorkom. Dit kan rou geëet of gebraai word. (kanika, jakkalskos, soetpappie)

kantaloep
’n Soort knobbelrige spanspek met rooierige vleis. (kanteloep)

kantarel
’n Geel, eetbare, bekervormige sampioen, Catharellus cibarius. (dooierswam, hanekam)

kanteloep
’n Soort knobbelrige spanspek met rooierige vleis. (kantaloep)

kantien
’n Drinkplek. (kroeg) Dit is ook die naam vir ’n houer vir vloeistowwe met plek vir jou vingers aan die bokant.

kap
Om voedsel met ’n met ’n mes in klein stukkies te kap.

kapoen (capon)
’n Kapoen ’n gekastreerde haan. (kapoenhaan, capon)

kapoenhaan
’n Kapoenhaan ’n gekastreerde haan. (kapoen, capon)

kapokaartappels
Fyngemaakte aartappels.
Gebakte kapokaartappels

kapokhaantjie
Haan van die kapokhoender.

kapokhennetjie
>Hen van die kapokhoender.

kapokhoender
’n Klein hoendersoort. Ook genoem kapokkie.

kapokkie
’n Klein hoendersoort. Ook genoem kapokhoender.

kapper
Die vrug van ’n braamagtige struik. Meer bekend as kappertjie.

kappersous
’n Sous van ingelegde kappertjies. (kappertjiesous)

kappertjie
Die vrug van ’n braamagtige struik. (kapper)

kappertjiesaad (capers)
Gepiekelde blomknoppies van die kapperstruik.

kappertjiesous (caper sauce)
’n Sous van ingelegde kappertjies. (kappersous)
Klipvis met kappertjiesous

kapteinvis
’n Klein klipvis wat langs die weskus van Suid-Afrika gevang word.

karakoel
’n Soort skaap.

karamel (caramel)
Goudbruin, verhitte suiker.

karamelliseer (caramelise)
Die proses waartydens suiker verhit word tot dit goudbruin van kleur is.

karamelvla
Vla wat voorberei is met karamel.

karba
’n Fles met 'n groot lyf en ’n nou nek wat gewoonlik met mandjiewerk bedek is. Wyn is daarin gehou.

kardamon (cardamon, cardamom, cardamum)
Die aromatiese sade van ’n groen, wit of swart Indiese peulplant van die gemmer-familie. (kardemom, elachi, elaichi)

kardemom (cardamon, cardamom, cardamum)
’n Oos-Indiese plant, Elettaria cardamomum, waarvan die sade as spesery gebruik word. Behalwe Indië, is dit ook gewild in Skandinawiese lande. In Arabiese lande word dit saam met koffie gebruik. (kardamon, elachi, elaichi)

kardoen (cardoon)
Groente van die artisjok-familie.

karie
’n Drank gemaak van kariemoer, warm water en heuning. (kariebier, karrie, karriebier, kariemoer)

kariebier
’n Drank gemaak van kariemoer, warm water en heuning. (karie, karrie, karriebier, kariemoer)

kariemoer
’n Gistende stof gemaak van turksvye, jongbye of die kariemoerbossie, en gebruik word as suurdeeg of vir die maak van kariebier. Die bier self word ook soms na verwys as kariemoer.

kariemoerbossie
’n Bossie waarvan kariemoer soms verkry word.

karkas
Die liggaam van ’n dooie dier.

karkoer
Die karkoer is ’n wildewaatlemoen nes die samma. Bekend in die omgewing van Oudtshoorn en Britstown. (kakoer, kakoertjie, kakoeretjie)

karmenaadjie
’n Uitgesoekte stukkie vleis om te braai. Die woord word ook gebruik vir die ribstuk van ’n skaap, vark of kalf. (kotelet)

karmyn (carmine)
Dieprooi voedselkleursel.

Karoly éclair [ka-ro-lie e-klêr]
’n Klein Franse éclair met ’n soutvulsel. (caroline)

karp (carp)
’n Varswatervis. (karper)

karper (carp)
’n Varswatervis. Ook genoem karp.

karrie
’n Drank gemaak van kariemoer, warm water en heuning. (kariebier, karie, karriebier, kariemoer)

karriebier
’n Drank gemaak van kariemoer, warm water en heuning. (kariebier, karrie, karie, kariemoer)

karring
Karring is die toestel wat gebruik word om botter van melk te skei. Dit verwys ook na die proses.

karringmelk (buttermilk)
Karringmelk is die melk wat oorbly nadat die botter deur karring daarvan afgeskei is.
Tuisgemaakte karringmelk

karringstok
’n Stok met ’n plankie dwars aan die punt vasgesit. Die stok word gebruik om mee te karring.

kartel (crimp)
Om ’n deeg-rand (van byvoorbeeld pastei) met die vingerpunte toe te knyp of daarom met ’n vurk te doen en te versier.

karwy (caraway)
Die plant Carum carvi waarvan die saad as spesery gebruik word. (wilde komyn, koeksaad, kummel)

kasaterwater
Word gebruik om baie flou koffie of tee te beskryf.

kaseïen
Hoofbestanddeel van die eiwit van soogdiermelk. (kaseïene)

kaseïene
Hoofbestanddeel van die eiwit van soogdiermelk. (kaseïen)

kasha
Russiese pap gemaak van gort, koring of gedopte hawer.

kashruth
Joodse eetvoorskrifte.

kasjalot
’n Baie groot tandwalvis met groot, keëlvormige tande net in die onderkaak en geen balein. Dit lewerolie van die hoogste gehalte. (kasjelot)

kasjelot
’n Baie groot tandwalvis met groot, keëlvormige tande net in die onderkaak en geen balein. Dit lewer olie van die hoogste gehalte. (kasjalot)

kasjoeneut (cashew nut)
’n Brasiliaanse neut.

kassawe (cassava)
’n Wes-Indiese plant met knolagtige wortels. Die meel van die fyngemaalde wortel word gebruik om brood mee te bak. (maniok)

kasserol
’n Kasserol is ’n bredie wat baie stadig in die oond gebak word. (bredie, hutspot) Die naam word ook gebruik vir die bak waarin die bredie gebak word.

kassia (cassia)
Die gedroogde bas van die Chinese boom, Cinnamomum cassia, wat ’n kaneelagtige smaak het, net skerper. (kassie, kassiebas, kassiekaneel, Chinese kaneel)

kassie (cassia)
Die gedroogde bas van die Chinese boom, Cinnamomum cassia, wat ’n kaneelagtige smaak het, net skerper. (kassia, kassiebas, kassiekaneel, Chinese kaneel)

kassiebas (cassia)
Die gedroogde bas van die Chinese boom, Cinnamomum cassia, wat ’n kaneelagtige smaak het, net skerper. (kassie, kassia, kassiekaneel, Chinese kaneel)

kassiekaneel (cassia)
Die gedroogde bas van die Chinese boom, Cinnamomum cassia, wat ’n kaneelagtige smaak het, net skerper. (kassie, kassiebas, kassia, Chinese kaneel)

Kassler rib
Duitse gerookte varkrib of –lende.

kastaiing (chestnut)
Die eetbare vrug van verskeie sierbome van die geslag Castanea.

kastrol
’n Plat pot van yster of ander metaal, gewoonlik met ’n steel, waarin gebraai of gekook word.

kataifi
Kataifi is ’n Griekse deeg gemaak van geskeurde fillodeeg.

katjang
’n Ertjieagtige plant, Arachis hypogaea, wat peule met sade onder die grond dra. (grondboontjie, katjangboontjie, katjangghorie)

katjangboontjie
’n Ertjieagtige plant, Arachis hypogaea, wat peule met sade onder die grond dra. (grondboontjie, katjang, katjangghorie)

katjangghorie
’n Ertjieagtige plant, Arachis hypogaea, wat peule met sade onder die grond dra. (grondboontjie, katjangboontjie, katjang)

katkop
’n Benaming in verskillende dele van Suid-Afrika vir verskillende tipes brood of beskuit ook vir brood in die vorm van toebroodjies.

katôba
’n Ligrooi Amerikaanse druifsoort wat teen somerreën bestand is. Die naam is afkomstig van die Catawba-rivier in Carolina, VSA.

katoenolie
’n Liggeel olie wat uit katoensaad gepers is.

katonkel (Spanish mackerel, barracuda)
’n Makrielagtige seevis. (bonito)

katoog
’n Groot skulpslak wat op rotse by die see hou. Dit is baie gewild onder kusbewoners in Suid-Afrika. (alikreukel)

katot
’n Kan of ’n blik waarin kos gekook word.

kattekruid
’n Aromatiese Mediterreense plant van die kruisement familie. Die blare is ’n geurmiddel vir vleis en die jong spruite word in slaai geëet.

katvis
’n Groot aalagtige varswatervis. Dit word kommersieel geteel as eetvis. (grootbekbaber, skerptandbaber))

kaviaar (caviar)
Gesoute eiers van die steur en ’n ander paar soorte vis. Dit word veral as voorgereg gebruik om die eetlus te prikkel.
Komkommer met rooi kaviaar

kawa
’n Soort struik waarvan die wortels gebruik word vir die voorbereiding van ’n soort drank. (peperstruik, kawakawa)

kawakawa
’n Soort struik waarvan die wortels gebruik word vir die voorbereiding van ’n soort drank.(peperstruik, kawa)

kebab
Die Turkse woord vir vleisrepe wat eers ingelê is en dan aan ’n spit geryg en gebraai is. (sosatie)

Kedgeree
’n Indiese gereg van gevlokte vis, rys, eiers, room en geurmiddels.
Kedgeree

kefalotyri
Kefalotyri is ’n harde, souterige Griekse kaas gemaak van skaap- of bokmelk.

keftedes
Midde-Oosterse frikkadelle wat met speserye gegeur is.

keiappel / kei-appel
’n Geel, ronde bessie waarvan konfyt of jellie gemaak word.

Keiser-slaai (Caesar salad)
’n Amerikaanse slaai gemaak van kropslaai, eiers, parmesaan, ansjovis en croûtons.
Caesar Salad

keker
Die eetbare peulgroente, Cicer arietinum, is van die oudste groente wat deur die mens verbou word. Die ertjie bevat baie proteïene. (dwergertjie, kekerertjie, garbanzo, Spaanse ertjie, Indiese ertjie)

kekerertjie / keker-ertjie (chickpea)
Die eetbare peulgroente, Cicer arietinum, is van die oudste groente wat deur die mens verbou word. Die ertjie bevat baie proteïene. (dwergertjie, keker, garbanzo, Spaanse ertjie, Indiese ertjie)

kelkie
Lees skemerkelkie.

Kentucky burgoo
’n Amerikaanse bredie gemaak van ’n verskeidenheid van vleis.

kerf (jointing)
In dun skyfies sny.

kern
Die binneste gedeelte van ’n vrug.

kerrie
Die woord word gebruik vir ’n geelkleurige speserymengsel of ’n gereg waarin die mengsel die vernaamste geurmiddel is. Die speserymengsel word ook kerriekruie genoem.
Pienangkerrie

kerrie-en-rys (curry and rice)
’n Gereg met rys en kerrie as die oorwegende geurmiddel.

kerriekos
’n Gereg wat oorwegend met kerrie gestoof of gekook is.

kerriekruie
Die woord word gebruik vir ’n geelkleurige speserymengsel. (kerrie)

kerriesop (mulligatawny soup)
’n Indiese sop wat met kerrie gegeur is.

kerrievis
Vis wat ingelê is in asyn, kerrie en ander kruie.
Kerrievis

kerrievleis
Vleis wat met kerrie gestoof is.

kers
Klein blaargroentes van die mosterd-familie.

kersie (cherry)
’n Klein ronde, rooi of geel vruggie.

kersie-koejawel (cherry guava)
’n Donkerrooi koejawel wat veral ingelê word.

kersiebrandewyn
Brandewyn wat uit kersies gestook is.

kersielikeur
Likeur met die geur en smaak van kersies.

kersietamatie (cherry tomato)
’n Klein rooi tamatie.

Kersfeeskoek (Christmas cake)
’n Ryk vrugtekoek bedek met laag marsepein on of fondant. (Kerskoek)

Kerskoek (Christmas cake)
’n Ryk vrugtekoek bedek met laag marsepein on of fondant. (Kersfeeskoek)

Kerspasteitjie (fruit mince pie)
n Tertjie gevul met ’n vrugtevulsel, wat tradisioneel tydens Kersfees geëet word.

Kerspoeding (Christmas pudding)
’n Poeding wat in verband staan met Kersfees, veral ’n doekpoeding met pruime of rosyntjies.
Doekpoeding resep

Kersvulsel
’n Mengsel van stukkies niervet, korente, rosyne, appel, versuikerde skil, suiker, sultanas, kaneel, neutmuskaat, naeltjies, brandewyn, rum en suurlemoenskil.

kerwel (chervil, sweet cicely)
’n Soort plant waarvan die blare in kos gebruik word, veral in slaai.

kesieblaar
’n Soort wildemalva waarvan die blare as slaai gebruik word. (kiesieblaar)

ketel
’n Houer waarin vloeistof gekook word.

ketjap
’n Sous gemaak van soja, sampioene, tamaties of ander bestanddele. (tamatiesous)

ketmie
’n Eetbare vrug. Beter bekend as okra.

keuken
’n Alternatief vir kombuis.
keurhappie (titbit)
’n Besondere stukkie kos of aptytwekker.

kiche [kiesj]
Frans vir ’n souttert gevul met ’n mengsel van kaas, eiers en ander bestanddele. In Duits is dit ’n Kuchen koek. (quiche)

kiemmeel
’n Fyn meel wat verkry word uit die hart van die mieliepit.

kiepiemielies
Mielies wat oopbars tot sagte, ronde vorms wanneer dit verhit word. (springmielies, skietmielies, kuikenmielies)

kiesieblaar
’n Soort wildemalva waarvan die blare as slaai gebruik word. (kesieblaar)

Kiev hoender
Ontbeende hoenderbors sonder die vel, gevul met kaas en ham en opgerol voordat dit gaargemaak word.

kikisel
’n Verdikte Russiese vrugtepuree of vrugtesop gemaak van bessies, appels en melk. Dit word voorgesit met dik room. (kissel)

kilki
Noorse ansjovis.

kilojoule
’n Eenheid van energie.

kimchi
’n Tradisioneel Koreaanse bykos wat gemaak word deur groente soos kool in te sout en te laat fermenteer.

kinderbessie
’n Eetbare bessie van ’n struikagtige plant.

kinkhoring
Lees trompetskulp.

kipfel
’n Oostenrykse croissant.

kipper
Gerookte haring of haringagtige vis. (haring)

Kirsch
’n Bitterige Duitse likeur berei uit swart kersies; ’n kersiebrandewyn. (kirschwasser)

kirschwasser
’n Bitterige Duitse likeur berei uit swart kersies; ’n kersiebrandewyn. (Kirsch)

kitsery
’n Indiese gereg wat bestaan uit rys, groente en eiers. Dit is beter bekend as kedgeree.
Kitsery resep

kissel
’n Verdikte Russiese vrugtepuree of vrugtesop gemaak van bessies, appels en melk. Dit word voorgesit met dik room. (kikisel)

kitke
Lees challah.

kitsgis
Kitsgis is verpoeierde suurdeeg.

kitskoffie
Poeierkoffie wat vinnig gemaak word.

kitskos
Kos wat vinnig gemaak word.

kitskosrestaurant (fast food restaurant)
’n Restaurant wat kitskos bedien en normaalweg beperkte tafelbediening het.

kitsnagereg (instant pudding)
’n Ontwaterde mengsel van bestanddele waarvan gou ’n nagereg gemaak kan word deur water of melk by te voeg.

kitslendeskyf
’n Klein stukkie lendeskyf wat gou gaargemaak kan word. (kitsskyf)

kitsskyf
’n Klein stukkie lendeskyf wat gou gaargemaak kan word. (kitslendeskyf)

kitstee (instant tea)
Gekristitaliseerde, ontwaterde tee wat berei word deur kookwater by te voeg.

kiwivrug
’n Vrug met ’n dun skil, groen vleis en swart sade.

klapbessie
’n Struik met geel bessies wat geëet kan word. Beter bekend as die appelliefie en ook die kruisbessie.

klapper (coconut)
Klapper is die naam vir die gedroogde vleis van die kokosneut.

klappermakrol
’n Makrol met fyn kokosneut as kenmerkende bestanddeel. (kokosneutmakrol)

klappermelk
Melkagtige, soet water uit die kokosneut. (klapperwater, kokosmelk, kokoswater)

klapperneut
Vrug van die kokospalm. (kokosneut)

klapperwater
Melkagtige, soet water uit die kokosneut. (klappermelk, kokosmelk, kokoswater)

klaprib
Die kortrib van ’n bees. (klapstuk)

klapstuk
Die kortrib van ’n bees. (klaprib)

klaret
’n Droë rooi tafelwyn. Let daarop dat in Brittanje die naam sinoniem is met Bordeauxwyn.

klawer
Enigeen van verskillende kruidgewasse met ’n kenmerkende groepering van drie blaartjies en rooi of wit blomme.

klawerheuning
Heuning gemaak van klawerblomme.

kleefwerende kooksproei (non-stick cooking spray)
’n Sproeimiddel van plantaardige olie wat onder druk is in ’n spuitkannetjie.

kleinbekbaars
’n Silwergroen varswaterroofvis met swart rugstekels. (swartbaars, kleinbekswartbaars)

kleinbekgeelvis
’n Helderkleurige geelvis wat in die Oranjerivier voorkom.

kleinbekswartbaars
’n Silwergroen varswaterroofvis met swart rugstekels. (kleinbekbaars, swartbaars)

kleinkoring
’n Koringsoort gekenmerk deur die rooi of wit kleur van die korrels.

kleinpensie
Die tweede maag van herkouende diere.

kleinskubgeelvis
Geelvis wat in die Limpoporivier voorkom.

kleinvee
Klein slagvee, veral skape en bokke.

kleinwild
Klein diere waarop jag gemaak word vir hulle vleis.

klinker (hardtack)
’n Ongesoute droë koekie. (skeepsbeskuit)

klipbok
’n Klein, gespikkelde, geel en bruin wildsbokkie. (klipspringer)

kliphaas
’n Grysbruin knaagdier met ’n pels, gesplete bolip, kort stert, lang ore en lang agterbene, Pronolagus ruspestris.

klipkabeljou
’n Soort lynvis aan die ooskus van Suid-Afrika.

klipkous
’n Skulpdier. (perlemoer, perlemoen)

klipmossel (limpit, barnacle)
’n Weekdier met ’n tentagtige skulp wat teen rotse vassuig.

klipsout
Sout verkry van ’n gesteente. (steensout)

klipspringer
’n Klein, gespikkelde, geel en bruin wildsbokkie. (klipbok)

klipspringerhaas
’n Grysbruin knaagdier met ’n pels, gesplete bolip, kort stert, lang ore en lang agterbene, Pronolagus ruspestris.

klipswawel
’n Soort tropiese wildeswael wat die voëlneste vir ’n sekere Chinese gereg lewer.

klipvis
’n Vis met buikvinne waarmee dit kan kruip. Die naam word ook soms gebruik vir gedroogde kabeljou.

klits
Met ’n houtlepel, vurk, ballonklitser, eierklitser of elektriese menger voedsel te klop om lug in te voer.

klitskruid
Die wortel van hierdie plant kan voorberei word soos aspersies. Die jong blare en takkies kan gebruik word in sop of gebraai word. Dit word hier en daar in Europa geëet, maar in Japan is dit ’n erkende groente.

klontjie
Suiker, min of meer, in die vorm van ’n blokkie. (klontjiesuiker, klontsuiker, suikerklontjie, blokkiesuiker)

klontjiesuiker
Suiker, min of meer, in die vorm van ’n blokkie. (klontjie, klontsuiker, suikerklontjie, blokkiesuiker)

klontsuiker
Suiker, min of meer, in die vorm van ’n blokkie. (klontjiesuiker, klontjie, suikerklontjie, blokkiesuiker.

klopper (whisk)
Kombuisgereedskap met draadlusse wat gebruik word om lug in eiers, room, beslag of souse te klop. (ballonklitser)

klubskyf (club steak)
’n Klein, geurige dik skyf gesny van die punt van die beeslende.

kluitjie (dumbling)
’n Klont deeg, rys of iets anders wat gewoonlik met bakpoeier, eier en botter gekook word.

kluitjiesvleis
Gemaalde vleis wat in kluitjies gaargemaak is. (kluitjievleis)

kluitjievleis
Gemaalde vleis wat in kluitjies gaargemaak is. (kluitjiesvleis)

knäckerbrüd [kna-ke-bruud]
’n Harde, plat Sweedse rogbrood.

knackwurst
’n Kort, dik wors wat op dieselfde manier as Frankfurtse wors gemaak word en met knoffel gegeur word. (knakwors)

knakbrood
’n Krakerige, Sweedse brood.

knakwors
’n Dun rookworsie van varkvleis met kruie. Soortgelyk aan die Frankfortse worsie. (knackwurst)

knapsak-biefskyf (carpetbagger)
Biefskyf gevul met oesters.

kneidlech
Klein bolletjies gemaak van matse-meel, eier en geurmiddels. Dit word in helder sop gebruik, veral tydens die Joodse Paasfees.

knertsie
’n Klein hoeveelheid.

knie (knead)
Bewerking of druk, vou of strek van deeg.

kniebak
’n Bak waarin geknie word.

knie-emmer
’n Emmer met 'n apparaat om deeg mee te knie.

knieskottel
’n Skottel waarin geknie word.

knikkertjie
’n Eetbare saadvruggie van ’n grasagtige knolplant van die geslag Romulea.

knobbelgans
’n Ganssoort. (langnek-Chinese gans)

knoffel (garlic)
’n Bolplant van die orde Liliaceae met ’n sterk smaak en ’n deurdringende geur. Dit word gebruik in voedsel of as geneesmidddel.

knoffelbol
Die saamgestelde bol van die knoffelplant.

knoffelbotter
Botter wat met knoffel gegeur is.
Knoffelbotter resep

knoffelhuisie
Een van die langwerpige bolletjies waaruit die knoffelbol bestaan.

knol
’n Eetbare onderaardse, verdikte stingeldeel van ’n plant wat dien as opgaarplek vir reserwevoedsel.

knolgroente
Groente wat vir die knol gekweek word.

knolkool (kohlrabi)
’n Groentesoort met klein, koolagtige koppies aan die stingel. (knolraap, koolraap, raapkool)

knolraap (kohlrabi)
’n Groentesoort met klein, koolagtige koppies aan die stingel. (knolkool, koolraap, raapkool)

knolseldery (celeriac)
Seldery met knolvormige wortels.

knolswam
’n Eetbare swam van die geslag Tuber en Amanita, met ’n knolvormige voet.

Knöpfli [knup-flie]
Klein Duitse kluitjies.

knopiesampioene
’n Sampioen met ’n ligte houterige smaak en is veral geskik vir slaaie.

knoppieskool
Kool met ’n aantal klein knoppies in die blaaras. (Brusselse spruitjies, spruitkool)

knorhaan [gurnard]
’n Naam gebruik vir verskillende soorte vis met stekelvinne; gewoonlik met ’n rooi kleur. So genoem as gevolg van die geluid wat hulle maak as hulle uit die water getrek word.

knoros
’n Knoros is ’n hoefdier, Bos grunniens, uit Sentraal-Asië, waarvan die vleis en melk gebruik word.(brombees, jak)

knypie
Soveel as wat ’n mens tussen twee vingers kan vasdruk.

kob
’n Baarsagtige stekelvinvis, Johnius hololepidotus, met ’n blouerige swart bosy, silwerige ondersy, gladde skubbe en geronde stertvin, aangetref om die Suid-Afrikaanse kus, by Australië, in die Atlantiese Oseaan en in die Middellandse See. Die naam word ook gebruik vir 'n sagvinnige Noord-Atlantiese roofvis, Gadus morrhua, wat lewertraan as byproduk lewer. Die vis is beter bekend as kabeljou. Ander name is boerkabeljou en rietbul.

kobêmelk
Melk wat in ’n velsak suurgemaak is.

koedoe
’n Wildsbok met lang gedraaide horings, wit strepe en ’n wit V-teken op die voorkop.

koei
’n Vroulike, tweehoewige, herkouende soogdier van die geslag Bos wat aangehou word vir melk en vleis.

koejawel (guava)
’n Tropiese vrug.
Koejawel nagereg

koek
’n Mengsel van meel, eiers, melk, suiker, botter en ander bestanddele wat in die oond gebak word en as lekkerny geëet word.

koekemakranka
Sappige, kolfvormige vrugte van ’n Suid-Afrikaanse bolplant. (koekmakranka)

koekheuning
Heuning wat nog in die koek is.

koekie (cookie, biscuit)
’n Klein, soms sagte, koekie.

koekmakranka
Sappige, kolfvormige vrugte van ’n Suid-Afrikaanse bolplant. (koekemakranka)

koekmeel (cake flour)
Koekmeel word gemaak deur die suiwerste deel van koring baie fyn te maal en dan deur fyn nylon te sif. Dit is veral geskik vir koekies, witbrood, pasteideeg en soetgebak. (koekmeelblom, banketmeelblom)

koeksaad
Die plant Carum carvi waarvan die saad as spesery gebruik word. (wilde komyn, karwy, kummel)

koeksister
’n Brosserige gebak wat bestaan uit gevlegte repe deeg. (koesister)
Koeksister resep

koekskoppie
’n Skoppie om ’n afgesnyde stuk koek in ’n koekbordjie te plaas.

koeksoda (baking soda)
’n Naam vir natriumkarbonaat wat gebruik word vir gebak.

koekstruif (trifle)
’n Nagereg wat ’n mengsel van koek en ander bestanddele is.
Trifle resep.

koekversiering
Die versiering van koek met versiersuiker.

koekvorm
’n Vorm waarin koek gebak word.

koekvurkie
’n Vurkie waarmee koek geëet word.

koelbak
’n Bak waarin iets afgekoel word.

koelboks
’n Draagbare houer waarin bederfbare produkte koel gehou word. (koelhouer)

koeldrank
Nie-alkoholiese drank.

koelemmer
’n Emmer met ys waarin wyn- of bierbottels afgekoel word.

koelhouer
’n Draagbare houer waarin bederfbare produkte koel gehou word. (koelboks)

koelinrigting
’n Vertrek waarin bederfbare produkte koel gehou word. (koelinstallasie, koelkamer)

koelinstallasie
’n Vertrek waarin bederfbare produkte koel gehou word. (koelinrigting, koelkamer)

koelkamer
’n Vertrek waarin bederfbare produkte koel gehou word. (koelinstallasie, koelinrigting)

koelkas
’n Kas waarin bederfbare produkte koel gehou word. (yskas)

koelsak
’n Sak met opgestopte kante waarin bederfbare produkte koel gehou word.

koelskip
’n Skip met koelkamers waarin bederfbare produkte koel gehou word.

koeltegniek
’n Tegniek waarmee bederfbare produkte koel gehou word.

koeltoring
’n Toringvormige koelinstallasie.

koeltrok
’n Treinwa met 'n koelkamer waarin bederfbare produkte koel gehou word.

koemkwat
’n Sitrusvrug wat veral as geursel in konfyt gebruik word. (kumkwat)

koes-koes
’n Noord-Afrikaanse graansoort. (koeskoes, cous-cous)

koesister
’n Brosserige gebak wat bestaan uit gevlegte repe deeg. (koeksister)
Koesister resep

koeskoes
’n Noord-Afrikaanse graansoort. (koes-koes, cous-cous)
Koeskoes-slaai met botterskorsie en feta

koesnaatjie
’n Vetplantjie met vlesige, eetbare blare.

koffie (coffee)
Koffiebone in gemaalde poeiervorm.

koffie-ekstrak
’n Sterk aftreksel van koffie.

koffiedompelpot (coffee plunger)
’n Toestel waarmee koffie voorberei word nadat die water gekook het.

koffiehuis
’n Openbare eet- en drinkplek waar mens koffie en nie-alkoholiese drank kan drink.

koffiekamer
’n Openbare vertrek, in byvoorbeeld ’n hotel, waar mens koffie en nie-alkoholiese drank kan drink.

koffiekroeg
’n Openbare eet- en drinkplek waar mens koffie en tee op ’n informele wyse kan geniet.

koffiemoer
Die afsaksel van gemaalde koffiebone wat nie opgelos het tydens die maak van koffie nie.

koffiesakkie
’n Sakkie van dun materiaal in ’n koffiepot waarin gemaalde koffie gegooi word om met kookwater gevul te word om koffie te maak.

koffietjies
’n Klein bietjie koffie.

koffiewater
Water vir koffie. Die word ook gebruik om na baie flou koffie te verwys.

kokeleko
’n Groot neut met ’n harde bruin dop uit Brasilië en Paraguay. (paraneut, Brasiliaanse neut)

kokend
Water wat kook of baie warm is.

koker
Toestel wat kook.

kokosmelk
Melkagtige, soet water uit die kokosneut. (klapperwater, klappermelk, kokoswater)

kokosneut
Vrug van die kokospalm. (klapperneut)

kokosneutmakrol
’n Makrol met fyn kokosneut as kenmerkende bestanddeel. (klappermakrol)

kokosolie
Olie uit die vleis van die kokosneut.

kokoswater
Melkagtige, soet water uit die kokosneut. (klapperwater, klappermelk, kokosmelk)

kolaboomneut
’n Neut van ’n boom in tropiese Afrika wat kafeïene bevat en hoofsaaklik gebruik word vir die maak van ’n drankie. (kolaneut)

koláče
’n Soet Tsjeggiese rolletjie gevul met ’n verskeidenheid vulsels. (kolach)

kolach
’n Soet Tsjeggiese rolletjie gevul met ’n verskeidenheid vulsels. (koláče)

kolaneut
’n Neut van ’n boom in tropiese Afrika wat kafeïene bevat en hoofsaaklik gebruik word vir die maak van 'n drankie. (kolaboomneut)

kolhaas
’n Grysbruin knaagdier met ’n pels, gesplete bolip, kort stert, lang ore en lang agterbene, Lepus europaeus. (berghaas)

koljander (coriander)
’n Plant, Coriandum sativum, waarvan die sade as spesery gebruik word en die blare net so vars. (Chinese pietersielie)

kolstert
Een van verskeie donker visse wat ’n swart kol op die stert het.

kollewyntjie
Ligte, klein koekies wat gebak word in vorms of spesiale kolwyntjiepanne. (kolwyntjie)
Sjokolade kollewyntjies

kollewyntjiepan
’n Groot, ronde oondpan met vakkies. (kolwyntjiepan)

kolwyntjie
Ligte, klein koekies wat gebak word in vorms of spesiale kolwyntjiepanne. (kollewyntjie)
Sjokolade kolwyntjies

kolwyntjiepan
’n Groot, ronde oondpan met vakkies. (kollewyntjiepan)

kombuis
Die plek in 'n huis waar gewoonlik kos gemaak word.

kombuiskas
’n Kas in die kombuis waarin die kombuisgereedskap gehou word.

kombuissout
Gewoonlik growwe sout wat vir die voorbereiding van kos gebruik word.

kombuistee
’n Partytjie net voor 'n troue waarheen net die vroulike trougaste genooi word. Hulle neem gewoonlik kombuisgerei as geskenke vir die bruid.

komkommer
Dit is ’n rankplant met 'n langerige vrug wat veral in slaai gebruik word.

komkommerkruid
’n Klein struik met helderblou blomme. (bernagie)

komyn (cumin, cummin)
Komyn is die aromatiese saad van die Egiptiese plant Umbelliferae. spesery gebruik. Dit kom veral voor in geregte uit Indië, Mexiko, Portugal en in brood in Oos-Europa.

komyn kaas
Komyn kaas is ’n klein ronde kaas wat normaalweg in geel papier verpak word. Die kaas word van afgeroomde melk gemaak en het ’n lae vetinhoud.

kondenseer
Iets verdig / saampers.

kondensmelk
Gekondenseerde melk. (blikkiesmelk)

kondiment
Aromatiese bestanddele wat na die gaarmaakproses bygevoeg word. (kruiery, kruidery)

konfoor
’n Metaaltoestel wat van onder verhit word en gebruik word om kos mee warm te hou.

konfoorskottel
’n Metaaltoestel wat van onder verhit word en gebruik word om kos mee warm te hou.

konfyt
Vrugte wat met suiker tot pap, stukke of stroop opgekook word en onder andere saam met botter en brood geëet word en in nageregte gebruik word.
Appelkooskonfyt resep

konfytrol
’n Laag sponskoek bedek met ’n laag konfyt of jellie, dan opgerol en met suiker bestrooi. (Switserse rolkoek)

koningin-olyf
’n Groot olyf met ’n klein pitjie.

koningklip (kingklip)
’n Lekker tafelvis met ’n ferm tekstuur. (koningklipvis)

koningklipvis (kingklip)
’n Lekker tafelvis met ’n ferm tekstuur. (koningklip)
Koningklipvis en eiervrug

koningmakriel
’n Groterige tipe seevis.

koningskos
Baie smaaklike kos.

konjak
Franse brandewyn van Cognac.

konkoksie
’n Mengsel van verskillende bestanddele.

konserf (preserve)
Die woord word gebruik vir ’n ingemaakte produk, ’n konfyt gekook van twee of meer soorte vrugte of heelvrugte wat in 'n dun stroop gekook is.

Kontinentale ontbyt (Continental breakfast)
’n Hoofsaaklik koue ontbyt wat bestaan uit vrugtesap, graankos, jogurt, brood, koue vleis, kaas, konfyt ens.

konyn
’n Mak knaagdier verwant aan hase.
Konynbredie

kook
Voedsel gaarmaak met hitte.

kookappel
’n Appel wat geskik is om gekook te word.

kookboek
’n Handboek oor die kookkuns, wat resepte bevat. (resepteboek)
kookboeke

kookgereed
Reg om gekook te word.

kookhitte
Temeperatuur waarby ’n vloeistof kook. (kookpunt)

kookkuns
Die kuns of wetenskap om kos voor te berei.

kookmatrone
Die matrone verantwoordelik vir die kook van kos in ’n inrigting.

kookmelk
Melk wat kook.

kookplaat
’n Elektriese plaat waarop gekook word.

kookpunt
Temeperatuur waarby ’n vloeistof kook. (kookhitte)

kooksel
’n Hoeveelheid kos wat op een slag gekook word.

kookwaterstysel
Stysel wat met kookwater aangemaak is.

kool (cabbage)
Enige plant van die geslag Brassica. Dit het normaalweg dikkerige blare wat styf ingevelg is om ’n kop te vorm.
Geurige kool

koolhidrate (carbohydrates)
Samestellings in voedselsoorte soos stysel en suikers wat voorkom in graansoorte, vrugte en sekere groentesoorte.

koolkop
Die hoof gedeelte van kool.

koolraap (swede, Swedish turnip, rutabaga)
’n Groentesoort met klein, koolagtige koppies aan die stingel. (knolkool, knolraap, raapkool)

koolslaai (coleslaw)
Slaai van fyngekerfde rou kool met ’n romerige slaaisous met mayonnaise as basis.
Koolslaai

kop-en-pootjies
’n Gereg wat bestaan uit die kop en pootjies van ’n geslagte dier, gewoonlik ’n skaap.

koppie
’n Houer met ’n oor wat gebruik word om vloeistowwe uit te drink.

koppotige
’n Groep weekdiere wat ses of Ag, pote het en as seekos geëet word.

kopslaai
Groen groente met groot, bros blare wat ’n kop vorm.

koraal (coral)
Die sagte groen eierstokke van die kreef.

korent (currant)
Dit is ’n klein, pitlose rosyntjie van die druifsoort Vitis vinifera.(korint)

koring (wheat)
Enigeen van die graangewasse van die geslag Tricum van die familie Gramineae, veral Tricum vulgare waaruit brood gebak word.

koringgluten
Gluten wat in koringkorrels voorkom.

koringkiem
Die voedingskiem of embrio van die koringkorrel.

koringmaat
’n Maat waarmee koring gemeet word.

korint
Dit is ’n klein, pitlose rosyntjie van die druifsoort Vitis vinifera. (korent)

Korma
’n Matige kerrie met vleis of hoender gemarineer in jogurt of karringmelk.

kornoelie
’n Plant met eetbare bessies.

korrelbrood
Brood van ongesifte meel waarby gesplete koring gevoeg is.

korrelkonfyt
Konfyt wat uit heel vrugtekorrels bestaan.
Korrelkonfyt resep

kors
Die harde eetbare houer vir ’n vulsel of die verharde rand van voedsel.

kos
Voedsel wat ’n mens eet.

kosgeld
Geld wat mens vir kos en verblyf betaal.

koshuiskos
Kos wat in ’n koshuis bedien word.

kosjer (kosher)
Volgens godsdienstige voorskrifte berei. (kousjer)

kosmakery
Die voorbereiding van voedsel vir ’n maaltyd.

kosmatrone
Die matrone wat verantwoordelik is vir die toesig oor die kosmakery in ’n inrigting.

kosware
Voedsel wat ’n mens eet.

kota
’n Kwart brood, uitgehol en gevul met vleis, aartappels of enige van jou gunsteling bestanddele.

kotelet
Die ribstuk van ’n skaap, vark of kalf. (karmenaadjie)

kou
Met die tande fyn maal.

kougelhopf
’n Elsassiese deeg. Dit word gebruik om Duitse tulband-koek (gugelhupf) te maak. Dit word tradisioneel op Kersoggend geëet met botter en konfyt. (kugelhopf)

kougoed
Voedsel wat ’n mens eet.

kougom
’n Lekker van natuurlike gom wat gekou word.

koulebaika
’n Russiese pastei.

kourabiedes
’n Soort Griekse broskoek wat met versiersuiker bedek word.

kourbani [koer-ba-nie]
Vleis van vee wat nog in sommige klein Griekse dorpies in die openbaar geslag word, uitgedeel word en in groot ysterpotte met kruie en groente gaargemaak word.

kouriegom
Die hars van die kourieboom wat gebruik word as kougom.

kousel
Voedsel wat gekou is.

kouseltjie
Voedsel wat ’n mens eet.

kousjer (kosher)
Volgens godsdienstige voorskrifte berei. (kosjer)

koutjie
Voedsel wat gekou is.

kragvoedsel
Voedsel met baie hoë voedingswaarde.

krakeling (crackling)
Die vel van gebraaide varkvleis. (brosswoerd)

krap (crab)
’n Eetbare skaaldier. Die vleis is soortgelyk aan die van kreef.

kreef (lobster, rock lobster, Cape rock lobster, Cape crayfish, Natal crayfish, South Coast crayfish, crawfish, langoest)
’n Tienpotige skaaldier wat feitlik alles vreet.

kreef à l'américaine (Homard à l'américaine, Lobster a l'Americaine)
Die Franse weergawe is kreef voorgesit met ’n tamatiesous gegeur met sjerrie. Die Amerikaanse weergawe is kreef voorgesit met ’n vleisglaseersel, suurlemoensap en kruie.
Homard à l'américaine

kreef Newburg
’n Amerikaanse resep vir uitgepluiste kreef in botter gaargemaak maar in doppe voorgesit met ’n sous gegeur met sjerrie en brandewyn en gemeng met eiergeel, room en geurmiddels.
Crab Newburg

kreef thermidor
Gekookte kreef met witwyn, sampioene en geurmiddels bedek met ’n Béchamelsous en in die dop verbruin.

kremetart
Gesuiwerde wynsteen.

Kren
’n Australiese sous van gerasperde beet en peperwortel.

krewel
’n Skaaldier wat soos ’n garnaal lyk, maar groter is. (steurgarnaal)

kriebos
’n Karoostruik waarvan die blare as kruie gebruik word.

kringgatbok
’n Ander naam vir die grys waterbok.

kringle [kreen-ghoel]
’n Deense koffiekoek gemaak van ’n ryk skilferkors en gevul met ’n verskeidenheid van vulsels. Tradisioneel voorgesit met Kersfees.

kristaldruiwe
’n Wit druifsoort met deurskynende korrels.

kristalliseer
Die vorming van kristalle.

kroeg
’n Drinkplek. (kantien)

kroket
’n Klein sout of soet happie. Die basiese mengsel word met ’n dik sous gebind.

kromesky
Lees cromesquis.

kroonbraad (crown roast)
Lams- of varkribbes gesny van rugstring, in ’n sirkel getrek, vasgebind en gebraai.

kropslaai
’n Soort slaai, waarvan die blare gewoonlik saampak.

kroton
’n Stukkie roosterbrood wat bo-op sop of as garnering gebruik word. (crouton / croûton)

krui (herb)
Kos met kruie geur.

kruid
Geurige gedeelte van 'n plant.

kruidboek
’n Handboek vir die gebruik van kruie. (kruieboek)

kruidenier
’n Winkelier wat droë en ingemaakte kos verkoop, asook huishoudelike benodighede.

kruideniersware
Droë en ingemaakte kos verkoop, asook ander huishoudelike benodighede.

kruidenierswinkel
’n Winkel wat droë en ingemaakte kos verkoop, asook huishoudelike benodighede.

kruiderye
Kruie en ander stowwe wat by voedsel gebruik word vir geur. (kruiery, kondiment)

kruie-asyn
Asyn met ’n byvoeging van kruie.

kruieboek
’n Handboek vir die gebruik van kruie. (kruidboek)

kruiebossie
’n Bossie kruie wat gebruik word om voedsel, veral gestoofde geregte, te geur. (bouquet garni)
So maak mens ’n kruiebossie

kruiebrandewyn
Brandewyn wat op kruie getrek is.

kruienaeltjie (clove)
Die kruinaeltjie is die gedroogde blomkop van die kruienaeltjiesboom wat as spesery gebruik word. (naeltjies)

kruierye
Kruie en ander stowwe wat by voedsel gebruik word vir geur. (kruidery, kondiment)

kruierystander (cruet stand)
’n Stel houers vir kruiery op die tafel. (kruierystel)

kruierystel (cruet stand)
’n Stel houers vir kruiery op die tafel. (kruierystander)

kruietee
Tee wat gemaak word van die blare, blomme of sade van kruie.

kruiewyn
Wyn wat op kruie getrek is.

kruis (rump)
Dik, sagte beesvleis sonder been.

kruisbessie
’n Struik met geel bessies wat geëet kan word. Beter bekend as die appelliefie en ook die klapbessie.

kruisement (mint)
’n Welriekende struik wat baie gebruik word by die bereiding van kos, veral saam met asyn en suiker vir ’n kruisementsous met skaapvleis. Dit gaan ook goed saam met kalfsvleis, sop, slaai, jogurt, brood en meeste groente, veral aartappels en ertjies. Kruisementtee help vir verkoue en spysvertering.

kruisementjellie
Jellie gemaak van kruisementblare en appeljellie.

kruisementsous
Fyngekapte kruisement geweek in ’n mengsel van asyn, suiker en sout. Dis gewild saam met gebraaide lam.
Kruisementsous resep

kruisskyf
’n Stuk vleis uit die kruis van ’n dier. (kruisstuk)

kruisstuk
’n Stuk vleis uit die kruis van ’n dier. (kruisskyf)

krulkool (kale, kail, borecole kale, cole, colewort)
’n Soort kool met gekrulde en gebuigde blare wat nie ’n kop vorm nie. (boerekool, weikool)

krummelappelpoeding (brown Betty)
’n Soet oondgebakte poeding met appel, suiker en broodkrummels.

krummelpap
’n Krummelrige Suid-Afrikaanse pap gemaak van mieliemeel.
Krummelpap resep

Kuchen [koe-g'n]
Duits vir “koek”.

kugelhopf
’n Elsassiese deeg. Dit word gebruik om Duitse tulband-koek (gugelhupf) te maak. Dit word tradisioneel op Kersoggend geëet met botter en konfyt. (kougelhopf)

kuikenmielies
Mielies wat oopbars tot sagte, ronde vorms wanneer dit verhit word. (springmielies, skietmielies, kiepiemielies)

kuit (roe)
’n Ander naam vir viseiers. Kaviaar is ’n tipe kuit.

kulich
’n Tradisionele Russiese brood met wit versiersel.

kulinêr
Wat betref die kookuns.

kultivar
’n Plantvariëteit wat kunsmatig gekweek word.

kumato
’n Donkerbruin, groen tamatie met ’n pers skynsel. Die vrug is baie meer soet as die gewone tamatie. Daar word ’n storie vertel dat ’n Italiaanse boer die tamatie se kleur verander het om te pas by sy geliefde se lokke.

kumkwat
’n Sitrusvrug wat veral as geursel in konfyt gebruik word. (koemkwat)

kummel
’n Ander naam vir karwy/wilde komyn/koeksaad.
Kummel [ku-mil]
’n Duitse likeur met karwysaad, komyn en vinkel. (Kümmel)

Kümmel [ku-mil]
’n Duitse likeur met karwysaad, komyn en vinkel. (Kummel)

kunsderm
Word gebruik vir die maak van wors.

kurkfooi
’n Bedrag geld wat in ’n restaurant betaal word vir ’n bottel wyn wat deur die kliënt saamgebring is. (kurkgeld)

kurkgeld
’n Bedrag geld wat in 'n restaurant betaal word vir ’n bottel wyn wat deur die kliënt saamgebring is. (kurkfooi)

kurktrekker
’n Stuk gereedskap om die kurk uit ’n bottel te trek.

kurper
’n Varswatervis met prominente rugstekels. Hulle kom voor in ’n verskeidenheid kleure.

kwart
Die term word in die kookkuns gebruik as ’n mate vir vloeistowwe en om dele van vleis te beskryf. In die geval van laasgenoemde word die blad en sye die voorkwart genoem, die dy en lende is die agterkwart en die oneetbare dele word na verwys as die vyfde kwart.

kwartel (quail)
’n Klein voël verwant aan die fisant.

kwas
’n Tipe suurlemoendrankie.

kweper (quince)
’n Vrug met ’n suur smaak en harde vleis.



Wynwoordeboek

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

No comments :

Post a Comment