- kaaleier
- 'n Geposjeerde eier. Ook genoem 'n stoomeier of kalfsoog.
- kaalgatperske
- 'n Perske met 'n gladde skil. Ook genoem 'n gladdeperske, kaalperske of nektarien.
- kaalgras
- 'n Graansoort. Ook genoem barlewiet, kaalkopgars of kaalgars.
- kaalperske
- 'n Perske met 'n gladde skil. Ook genoem 'n gladdeperske, kaalgatperske of nektarien.
- kaambessie
- 'n Boom met eetbare bessies wat suursout smaak. Ook genoem bergpruim.
- Kaapse grysbok
- 'n Soorte wildsbokkie, Rhaficerus melanotis, wat in die Suid- en Oos-Kaap in Suid-Afrika voorkom.
- Kaapse salm
- 'n Groterige soort seevis, Atractoscion aequidens.
- kaas
- 'n Voedselsoort wat uit room of dik gemaakte melk berei word.
- kaas-en-wyn
- 'n Geselligheid waar versnaperinge bedien word, veral kaas en wyn. Ook genoem 'n kaas-en-wyn-geselligheid of 'n kaas-en-wyn-onthaal.
- kaas-en-wyn-geselligheid
- 'n Geselligheid waar versnaperinge bedien word, veral kaas en wyn. Ook genoem 'n kaas-en-wyn of 'n kaas-en-wyn-onthaal.
- kaas-en-wyn-onthaal
- 'n Geselligheid waar versnaperinge bedien word, veral kaas en wyn. Ook genoem 'n kaas-en-wyn-geselligheid of 'n kaas-en-wyn.
- kaasbord
- 'n Bord waarop kaas bedien of geëet word. Soms het dit 'n deksel, dan word dit ook gebruik om kaas te bewaar.
- kaasdoek
- 'n Tipe materiaal waardeur voedsel gepers of gesif word.
- kaaskleursel
- 'n Gelerige vloeistof waarmee kaas gekleur word.
- kaaskop
- 'n Houtvorm waarin sommige soorte kaas gepers word.
- kaasmakery
- Die proses van kaas maak of die plek waar die proses plaasvind.
- kaasmark
- 'n Plek waar hoofsaaklik kaas verkoop word.
- kaasmiet
- 'n Soort miet wat in kaas voorkom.
- kaasomelet
- 'n Omelet waarin kaas die hoofbestanddeel is.
- kaaspers
- 'n Stuk gereedskap waarmee kaas die voldoende digtheid gegee word.
- kaasplank
- 'n Bord waarop kaas bedien of geëet word.
- kaasstof
- Kaasstof is gestremde melk waaruit kaas gemaak word. Ook genoem wrongel.
- kaasstolp
- 'n Deksel van glas wat saam met die kaasbord gebruik word.
- kaasstremsel
- 'n Middel wat melk tot kaas laat strem.
- kaasvlieg
- 'n Soort rooikopvlieg waarvan die larwe in kaas gevind word.
- kaasvorm
- 'n Vorm waarin kaas gemaak word.
- kaaswei
- 'n Vloeistof wat oorbly tydens die vervaardiging van kaas.
- kabeljou
- 'n Baarsagtige stekelvinvis, Johnius hololepidotus, met 'n blouerige swart bosy, silwerige ondersy, gladde skubbe en geronde stertvin, aangetref om die Suid-Afrikaanse kus, by Australië, in die Atlantiese Oseaan en in die Middellandse See. Die naam word ook gebruik vir 'n sagvinnige Noord-Atlantiese roofvis, Gadus morrhua, wat lewertraan as byproduk lewer.
Ook bekend as die boerkabeljou, kob en rietbul. - kaboe
- Graan, ongebreek en ongestamp, wat in water gekook is.
- kaboekoring
- Opgekookte heel koringkorrels.
- kaboemielies
- Mieliepitte, ongebreek en ongstamp en in water gekook.
- kafee
- 'n Minder deftige restaurant wat ligte maaltye verkoop, maar nie alkoholiese drankies nie.
- kafeïen
- 'n Wesenlike bestanddeel van koffie.
- kafeïene
- 'n Wesenlike bestanddeel van koffie.
- kafeïengehalte
- Die hoeveelheid kafeïen as 'n bestanddeel van 'n koffiemengsel.
- kafeïenegehalte
- Die hoeveelheid kafeïene as 'n bestanddeel van 'n koffiemengsel.
- kafeteria
- 'n Eetplek van die klante hulleself bedien.
- kafferbroodboom
- Een van verskeie soorte bome waarvan die binneste pit van die stam soms as voedsel gebruik word.
- kafferwaatlemoen
- Die vrug van 'n rankgewas Citrullus lanatus. Ook genoem makataan.
- kafkos
- Kos wat vinnig klaargemaak word, sonder om aandag te gee aan die voedingswaarde.
- kaiing
- Die deeltjies wat oorbly wanneer stukkies dierevet uitgebraai word.
- kakamas
- 'n Taaipitperske wat besonder geskik is vir inmaak. Ook genoem kakamasperske.
- kakamasperske
- 'n Taaipitperske wat besonder geskik is vir inmaak. Ook genoem kakamas.
- kakao
- Die saad van die kakaoboom wat gebruik word vir die voorbereiding van sjokolade of kakaobotter.
- kakaoboom
- 'n Tropiese boom van ongeveer 8 tot 9 meter hoog waarvan die sade kakao bevat.
- kakaoboon
- Die sade uit die kakaoboom se komkommervormige vrugte.
- kakaobotter
- Die vet wat uit kakaobone gepers word. Die word gebruik vir salf of seep.
- kakaopoeier
- Fyngemaalde kakaobone in oplosbare vorm.
- kakaovet
- Die vet wat uit kakaobone gepers word. Die word gebruik vir salf of seep.
- kakoer
- Die kakoer is 'n wildewaatlemoen nes die samma. Bekend in die omgewing van Oudtshoorn en Britstown. Ook bekend as die karkoer, kakoertjie of kakoeretjie.
- kakoeretjie
- Die kakoer is 'n wildewaatlemoen nes die samma. Bekend in die omgewing van Oudtshoorn en Britstown. Ook bekend as die karkoer, kakoertjie of kakoer.
- kakoertjie
- Die kakoer is 'n wildewaatlemoen nes die samma. Bekend in die omgewing van Oudtshoorn en Britstown. Ook bekend as die karkoer, kakoer of kakoeretjie.
- kaladium
- 'n Tropiese plant met eetbare wortels.
- kalbas
- Die eetbare vrug van die kalbasplant. Die uitgedroogde dop van die plant wat gebruik word vir die bewaring van voedsel en drank.
- kalbasboom
- 'n Tropiese boom met vrugte wat geëet word.
- kalbasdop
- Die uitgedroogde dop van die kalbas wat gebruik word vir die bewaring van voedsel en drank.
- kalbaskoekie
- 'n Koekie van meel en gaar, groen kalbassies. Soortgelyk aan die pampoenkoekie.
- kalbaskonfyt
- Konfyt gekook van jong kalbassies.
- kalbaslepel
- 'n Lepel gemaak 'n kalbasdop. Dis voorheen gebruik vir die oorskep van mos tydens wynmaak.
- kalbasmelk
- Suurmelk wat in 'n kalbas voorberei is.
- kalbaspampoen
- 'n Soort pampoen wat soos 'n kalbas lyk. Ook genoem selonspampoen.
- kalbaspatat
- 'n Ronde patat. Die plant se blare lyk soos 'n kalbas.
- kalbaspeer
- 'n Groot, langwerpige peersoort wat lyk soos 'n kalbas.
- kalf
- 'n Jong bees.
- kalfsbors
- Die borsstuk van 'n geslagte kalf.
- kalfsboud
- Die boud van 'n geslagte kalf.
- kalfskop
- Die kop van 'n geslagte kalf.
- kalfsoog
- 'n Geposjeerde eier. Ook genoem 'n stoomeier of kaaleier.
- kalfsvleis
- Die vleis van 'n geslagte kalf.
- kam
- Die vlesige uitsteeksel op die kop van ’n hoenderhaan of ander voëls wat tot die hoenderfamilie behoort.
- kalkoen
- 'n Groterige eetbare voël.
- kalkoeneier
- Die eier van 'n kalkoen.
- kalkoentjie
- 'n Verkleinwoord vir 'n kalkoen. Die naam word ook gebruik vir verskeie voëls wat verwant is aan die kalkoen.
- kam
- Die kamvormige vlesige uitsteeksel op die kop van 'n hoenderhaan en sommige ander voëls.
- kambro
- 'n Langwerpige, patatagtige veldkos van die geslag Fockea wat eetbaar is en 'n melkerige sap bevat. Dit kom veral voor in die Karoo-streke. Die naam word ook gebruik vir knolgewasse van die familie Apocynaceae. Ook genoem kammaro.
- kammaro
- 'n Langwerpige, patatagtige veldkos van die geslag Fockea wat eetbaar is en 'n melkerige sap bevat. Dit kom veral voor in die Karoo-streke. Die naam word ook gebruik vir knolgewasse van die familie Apocynaceae. Ook genoem kambro.
- kampernoelie
- 'n Groep fungi (sien fungus) met 'n sambreelagtige voorkoms. Slegs party soorte is eetbaar, ander is giftig. Die soort Agaricus campestris kan kunsmatig gekweek word. Ook genoem sampioen of paddastoel.
- kanapee
- ’n Happie wat bestaan uit brood met seekos daarop. Ook genoem canapé.
- kandy
- Gekristalliseerde suiker. Ook genoem kandysuiker of teesuiker.
- kandysuiker
- Gekristalliseerde suiker. Ook genoem kandy of teesuiker.
- kaneel
- Die gedroogde binnebas van die kaneelboom wat as spesery gebruik word. Die gewildste variëteite is afkomstig van Sri Lanka en China.
- kaneelolie
- ’n Geelbruin olie wat lekker ruik en gebruik word om voedsel of drank te geur.
- kaneelsuiker
- ’n Mengsel van suiker en fyl kaneel. Dit word gewoonlik oor pannekoek gestrooi.
- kangaroe
- ’n Groot Australiese buideldier.
- kanika
- ’n Eetbare plant met ’n blomkoolsmaak wat in die Hardeveld voorkom. Dit kan rou geëet of gebraai word. Ook genoem kannie, jakkalskos of soetpappie.
- kanna
- Meeste mense ken die kanna as ’n blomplant, maar die Koi gebruik ook die naam om te verwys na verskeie eetbare bolplante soos die kambro of die wildepatat.
- kannie
- ’n Eetbare plant met ’n blomkoolsmaak wat in die Hardeveld voorkom. Dit kan rou geëet of gebraai word. Ook genoem kanika, jakkalskos of soetpappie.
- kantaloep
- 'n Soort knobbelrige spanspek met rooierige vleis. Ook genoem kanteloep.
- kantarel
- ’n Geel, eetbare, bekervormige sampioen, Catharellus cibarius. Ook geoem dooierswam of hanekam.
- kanteloep
- 'n Soort knobbelrige spanspek met rooierige vleis. Ook genoem kantaloep.
- kantien
- 'n Drinkplek. Ook genoem kroeg. Dit is ook die naam vir 'n houer vir vloeistowwe met plek vir jou vingers aan die bokant.
- kapoen
- 'n Kapoen is 'n gekastreerde haan. Ook genoem 'n kapoenhaan.
- kapoenhaan
- 'n Kapoenhaan is 'n gekastreerde haan. Ook genoem 'n kapoen.
- kapokaartappels
- Fyngemaakte aartappels.
- kapokhaantjie
- Haan van die kapokhoender.
- kapokhennetjie
- Hen van die kapokhoender.
- kapokhoender
- 'n Klein hoendersoort. Ook genoem kapokkie.
- kapokkie
- 'n Klein hoendersoort. Ook genoem kapokhoender.
- kapper
- Die vrug van 'n braamagtige struik. Meer bekend as kappertjie.
- kappersous
- 'n Sous van ingelegde kappertjies. Ook bekend as kappertjiesous.
- kappertjie
- Die vrug van 'n braamagtige struik. Ook bekend as kapper.
- kappertjiesous
- 'n Sous van ingelegde kappertjies. Ook bekend as kappersous.
- kapteinvis
- 'n Klein klipvis wat langs die weskus van Suid-Afrika gevang word.
- karakoel
- 'n Soort skaap.
- karamel
- Goudbruin, verhitte suiker.
- karamelliseer
- Die proses waartydens suiker verhit word tot dit goudbruin van kleur is.
- karamelvla
- Vla wat voorberei is met karamel.
- karba
- 'n Fles met 'n groot lyf en 'n nou nek wat gewoonlik met mandjiewerk bedek is. Wyn is daarin gehou.
- kardemom
- 'n Oos-Indiese plant, Elettaria cardamomum, waarvan die sade as spesery gebruik word. Behalwe Indië, is dit ook gewild in Skandinawiese lande. In Arabiese lande word dit saam met koffie gebruik.
- karie
- 'n Drank gemaak van kariemoer, warm water en heuning. Ook genoem kariebier, karrie, karriebier of kariemoer.
- kariebier
- 'n Drank gemaak van kariemoer, warm water en heuning. Ook genoem karie, karrie, karriebier of kariemoer.
- kariemoer
- 'n Gistende stof gemaak van turksvye, jongbye of die kariemoerbossie, en gebruik word as suurdeeg of vir die maak van kariebier. Die bier self word ook soms na verwys as kariemoer.
- kariemoerbossie
- 'n Bossie waarvan kariemoer soms verkry word.
- karkas
- Die liggaam van 'n dooie dier.
- karkoer
- Die karkoer is 'n wildewaatlemoen nes die samma. Bekend in die omgewing van Oudtshoorn en Britstown. Ook bekend as die kakoer, kakoertjie of kakoeretjie.
- karmenaadjie
- 'n Uitgesoekte stukkie vleis om te braai.
- karp
- 'n Varswatervis. Ook genoem karper.
- karper
- 'n Varswatervis. Ook genoem karp.
- karrie
- 'n Drank gemaak van kariemoer, warm water en heuning. Ook genoem kariebier, karie, karriebier of kariemoer.
- karriebier
- 'n Drank gemaak van kariemoer, warm water en heuning. Ook genoem kariebier, karrie, karie of kariemoer.
- karring
- Karring is die toestel wat gebruik word om botter van melk te skei. Dit verwys ook na die proses.
- karringmelk
- Karringmelk is die melk wat oorbly nadat die botter deur karring daarvan afgeskei is.
- karringstok
- 'n Stok met 'n plankie dwars aan die punt vasgesit. Die stok word gebruik om mee te karring.
- karwy
- Die plant Carum carvi waarvan die saad as spesery gebruik word. Ook genoem wilde komyn of koeksaad.
- kasaterwater
- Word gebruik om baie flou koffie of tee te beskryf.
- kaseïen / kaseïene
- Hoofbestanddeel van die eiwit van soogdiermelk.
- kasjalot
- 'n Baie groot tandwalvis met groot, keëlvormige tande net in die onderkaak en geen balein. Dit lewer olie van die hoogste gehalte.
- kasjelot
- 'n Baie groot tandwalvis met groot, keëlvormige tande net in die onderkaak en geen balein. Dit lewer olie van die hoogste gehalte.
- kasjoeneut
- 'n Brasiliaanse neut.
- kassawe
- 'n Wes-Indiese plant met knolagtige wortels. Die meel van die fyngemaalde wortel word gebruik om brood mee te bak. Ook genoem maniok.
- kasserol
- 'n Kasserol is 'n bredie wat bai stadig in die oond gebak word. Die naam word ook gebruik vir die bak waarin die bredie gebak word.
- kassia
- Die gedroogde bas van die Chinese boom, Cinnamomum cassia, wat ’n kaneelagtige smaak het, net skerper. Ook genoem kassie, kassiebas, kassiekaneel, en Chinese kaneel.
- kassie
- Die gedroogde bas van die Chinese boom, Cinnamomum cassia, wat ’n kaneelagtige smaak het, net skerper. Ook genoem kassia, kassiebas, kassiekaneel, en Chinese kaneel.
- kassiebas
- Die gedroogde bas van die Chinese boom, Cinnamomum cassia, wat ’n kaneelagtige smaak het, net skerper. Ook genoem kassie, kassia, kassiekaneel, en Chinese kaneel.
- kassiekaneel
- Die gedroogde bas van die Chinese boom, Cinnamomum cassia, wat ’n kaneelagtige smaak het, net skerper. Ook genoem kassie, kassiebas, kassia, en Chinese kaneel.
- kastaiing
- Die eetbare vrug van verskeie sierbome van die geslag Castanea.
- kastrol
- 'n Plat pot van yster of ander metaal, gewoonlik met 'n steel, waarin gebraai of gekook word.
- katjang
- 'n Ertjieagtige plant, Arachis hypogaea, wat peule met sade onder die grond dra. Ook genoem grondboontjie, katjangboontjie en katjangghorie.
- katjangboontjie
- 'n Ertjieagtige plant, Arachis hypogaea, wat peule met sade onder die grond dra. Ook genoem grondboontjie, katjang en katjangghorie.
- katjangghorie
- 'n Ertjieagtige plant, Arachis hypogaea, wat peule met sade onder die grond dra. Ook genoem grondboontjie, katjangboontjie en katjang.
- katôba
- 'n Ligrooi Amerikaanse druifsoort wat teen somerreën bestand is. Die naam is afkomstig van die Catawba-rivier in Carolina, VSA.
- katoenolie
- 'n Liggeel olie wat uit katoensaad gepers is.
- katoog
- 'n Groot skulpslak wat op rotse by die see hou. Dit is baie gewild onder kusbewoners in Suid-Afrika. (alikreukel)
- katot
- 'n Kan of 'n blik waarin kos gekook word.
- kaviaar
- Gesoute eiers van die steur en 'n ander paar soorte vis. Dit word veral as voorgereg gebruik om die eetlus te prikkel.
- kawa
- 'n Soort struik waarvan die wortels gebruik word vir die voorbereiding van 'n soort drank. Ook genoem peperstruik of kawakawa.
- kawakawa
- 'n Soort struik waarvan die wortels gebruik word vir die voorbereiding van 'n soort drank. Ook genoem peperstruik of kawa.
- kebab
- Vleisrepe wat eers ingelê is en dan aan 'n spit geryg en gebraai is. Ook genoem sosatie.
- kefalotyri
- Kefalotyri is 'n harde, souterige Griekse kaas gemaak van skaap- of bokmelk.
- keiappel
- ’n Geel, ronde bessie waarvan konfyt of jellie gemaak word.
- keker
- Die eetbare peulgroente, Cicer arietinum, is van die oudste groente wat deur die mens verbou word. Die ertjie bevat baie proteïene. In Afrikaans is dit ook bekend as die dwergertjie, kekerertjie, garbanzo, Spaanse ertjie en Indiese ertjie.
- kekerertjie
- Die eetbare peulgroente, Cicer arietinum, is van die oudste groente wat deur die mens verbou word. Die ertjie bevat baie proteïene. In Afrikaans is dit ook bekend as die dwergertjie, keker, garbanzo, Spaanse ertjie en Indiese ertjie.
- kerf
- In dun skyfies sny.
- kern
- Die binneste gedeelte van 'n vrug.
- kerrie
- Die woord word gebruik vir 'n geelkleurige speserymengsel of 'n gereg waarin die mengsel die vernaamste geurmiddel is. Die speserymengsel word ook kerriekruie genoem.
- kerrie-en-rys
- 'n Gereg met rys en kerrie as die oorwegende geurmiddel.
- kerriekos
- 'n Gereg wat oorwegend met kerrie gestoof of gekook is.
- kerriekruie
- Die woord word gebruik vir 'n geelkleurige speserymengse. Dit is beter bekend as net kerrie.
- kerriesop
- Sop wat met kerrie gegeur is.
- kerrievis
- Vis wat ingelê is in asyn, kerrie en ander kruie.
- kerrievleis
- Vleis wat met kerrie gestoof is.
- kersie
- 'n Klein ronde, rooi of geel vruggie.
- kersiebrandewyn
- Brandewyn wat uit kersies gestook is.
- kersielikeur
- Likeur met die geur en smaak van kersies.
- Kerspoeding
- 'n Poeding wat in verband staan met Kersfees, veral 'n doekpoeding met pruime of rosyntjies. Doekpoeding resep >>
- kerwel
- 'n Soort plant waarvan die blare in kos gebruik word, veral in slaai.
- kesieblaar
- 'n Soort wildemalva waarvan die blare as slaai gebruik word. Ook bekend as kiesieblaar.
- ketel
- 'n Houer waarin vloeistof gekook word.
- ketjap
- 'n Sous gemaak van soja, sampioene, tamaties of ander bestanddele.
- keuken
- 'n Alternatief vir kombuis.
- kiemmeel
- 'n Fyn meel wat verkry word uit die hart van die mieliepit.
- kiepiemielies
- Mielies wat oopbars tot sagte, ronde vorms wanneer dit verhit word.
Dit word ook genoem springmielies, skietmielies of kuikenmielies. - kiesieblaar
- 'n Soort wildemalva waarvan die blare as slaai gebruik word. Ook bekend as kesieblaar.
- kinderbessie
- 'n Eetbare bessie van 'n struikagtige plant.
- kipper
- Gerookte haring of haringagtige vis.
- kitsery
- 'n Indiese gereg wat bestaan uit rys, groente en eiers.
Dit is beter bekend as kedgeree.
kitsery resep >> - kirschwasser
- 'n Bitterige likeur berei uit swart kersies.
- kitsgis
- Kitsgis is verpoeierde suurdeeg.
- kitskoffie
- Poeierkoffie wat vinnig gemaak word.
- kitskos
- Kos wat vinnig gemaak word. dt>kiwivrug
- 'n Vrug met 'n dun skil, groen vleis en swart sade.
- klapbessie
- 'n Struik met geel bessies wat geëet kan word. Beter bekend as die appelliefie en ook die kruisbessie.
- klapper
- Klapper is die naam vir die gedroogde vleis van die kokosneut.
- klappermakrol
- 'n Makrol met fyn kokosneut as kenmerkende bestanddeel. Ook genoem kokosneutmakrol.
- klappermelk
- Melkagtige, soet water uit die kokosneut.
Ook genoem klapperwater, kokosmelk of kokoswater. - klapperneut
- Vrug van die kokospalm.
Ook genoem kokosneut. - klapperwater
- Melkagtige, soet water uit die kokosneut.
Ook genoem klappermelk, kokosmelk of kokoswater. - klaprib
- Die kortrib van 'n bees.
Ook genoem klapstuk. - klapstuk
- Die kortrib van 'n bees.
Ook genoem klaprib. - klaret
- 'n Droë rooi tafelwyn.
Let daarop dat in Brittanje die naam sinoniem is met Bordeauxwyn. - klawer
- Enigeen van verskillende kruidgewasse met 'n kenmerkende groepering van drie blaartjies en rooi of wit blomme.
- klawerheuning
- Heuning gemaak van klawerblomme.
- kleinbekbaars
- 'n Silwergroen varswaterroofvis met swart rugstekels.
Ook genoem swartbaars of kleinbekswartbaars - kleinbekgeelvis
- 'n Helderkleurige geelvis wat in die Oranjerivier voorkom.
- kleinbekswartbaars
- 'n Silwergroen varswaterroofvis met swart rugstekels.
Ook genoem kleinbekbaars of swartbaars - kleinkoring
- 'n Koringsoort gekenmerk deur die rooi of wit kleur van die korrels.
- kleinpensie
- Die tweede maag van herkouende diere.
- kleinskubgeelvis
- Geelvis wat in die Limpoporivier voorkom.
- kleinvee
- Klein slagvee, veral skape en bokke.
- kleinwild
- Klein diere waarop jag gemaak word vir hulle vleis.
- klipbok
- 'n Klein, gespikkelde, geel en bruin wildsbokkie. Ook genoem klipspringer.
- kliphaas
- 'n Grysbruin knaagdier met 'n pels, gesplete bolip, kort stert, lang ore en lang agterbene, Pronolagus ruspestris.
- klipkabeljou
- 'n Soort lynvis aan die ooskus van Suid-Afrika.
- klipkous
- 'n Skulpdier. Dit staan ook bekend as perlemoer of perlemoen.
- klipsout
- Sout verkry van 'n gesteente.
- klipspringer
- 'n Klein, gespikkelde, geel en bruin wildsbokkie. Ook genoem klipbok.
- klipspringerhaas
- 'n Grysbruin knaagdier met 'n pels, gesplete bolip, kort stert, lang ore en lang agterbene, Pronolagus ruspestris.
- klipswawel
- 'n Soort tropiese wildeswael wat die voëlneste vir 'n sekere Chinese gereg lewer.
- klipvis
- 'n Vis met buikvinne waarmee dit kan kruip.
Die naam word ook soms gebruik vir gedroogde kabeljou. - klontjie
- Suiker, min of meer, in die vorm van 'n blokkie.
Ook genoem klontjiesuiker, klontsuiker, suikerklontjie en blokkiesuiker. - klontjiesuiker
- Suiker, min of meer, in die vorm van 'n blokkie.
Ook genoem klontjie, klontsuiker, suikerklontjie en blokkiesuiker. - klontsuiker
- Suiker, min of meer, in die vorm van 'n blokkie.
Ook genoem klontjiesuiker, klontjie, suikerklontjie en blokkiesuiker. - kluitjie
- 'n Klont deeg, rys of iets anders wat gewoonlik met bakpoeier, eier en botter gekook word.
- kluitjiesvleis
- Gemaalde vleis wat in kluitjies gaargemaak is.
- kluitjievleis
- Gemaalde vleis wat in kluitjies gaargemaak is.
- knakbrood
- 'n Krakerige, Sweedse brood.
- knakwors
- 'n Dun rookworsie van varkvleis met kruie.
Ook genoem Frankfortse worsie. - knikkertjie
- 'n Eetbare saadvruggie van 'n grasagtige knolplant van die geslag Romulea.
- knertsie
- 'n Klein hoeveelheid.
- knie
- Aanhoudend deeg met die hande druk.
- kniebak
- 'n Bak waarin geknie word.
- knie-emmer
- 'n Emmer met 'n apparaat om deeg mee te knie.
- knieskottel
- 'n Skottel waarin geknie word.
- knobbelgans
- 'n Ganssoort.
Ook genoem langnek-Chinese gans. - knoffel
- 'n Bolplant van die orde Liliaceae met 'n sterk smaak en 'n deurdringende geur. Dit word gebruik in voedsel of as geneesmidddel.
- knoffelbol
- Die saamgestelde bol van die knoffelplant.
- knoffelbotter
- Botter wat met knoffel gegeur is.
knoffelbotter resep >> - knoffelhuisie
- Een van die langwerpige bolletjies waaruit die knoffelbol bestaan.
- knol
- 'n Eetbare onderaardse, verdikte stingeldeel van 'n plant wat dien as opgaarplek vir reserwevoedsel.
- knolgroente
- Groente wat vir die knol gekweek word.
- knolkool
- 'n Groentesoort met klein, koolagtige koppies aan die stingel.
Ook genoem koolraap of raapkool. - knolseldery
- Seldery met knolvormige wortels.
- knolswam
- 'n Eetbare swam van die geslag Tuber en Amanita, met 'n knolvormige voet.
- knopiesampioene
- 'n sampioen met 'n ligte houterige smaak en is veral geskik vir slaaie.
- knoppieskool
- Kool met 'n aantal klein knoppies in die blaaras.
Ook genoem Brusselse spruitjies of spruitkool. - knorhaan
- 'n Naam gebruik vir verskillende soorte vis met stekelvinne; gewoonlik met 'n rooi kleur. So genoem as gevolg van die geluid wat hulle maak as hulle uit die water getrek word.
- knoros
- ’n Knoros is ’n hoefdier, Bos grunniens, uit Sentraal-Asië, waarvan die vleis en melk gebruik word. Ook genoem die brombees of jak.
- knypie
- Soveel as wat 'n mens tussen 2 vingers kan vasdruk.
- kob
- 'n Baarsagtige stekelvinvis, Johnius hololepidotus, met 'n blouerige swart bosy, silwerige ondersy, gladde skubbe en geronde stertvin, aangetref om die Suid-Afrikaanse kus, by Australië, in die Atlantiese Oseaan en in die Middellandse See. Die naam word ook gebruik vir 'n sagvinnige Noord-Atlantiese roofvis, Gadus morrhua, wat lewertraan as byproduk lewer.
Die vis is beter bekend as kabeljou. Ander name is boerkabeljou en rietbul. - kobêmelk
- Melk wat in 'n velsak suurgemaak is.
- koedoe
- 'n Wildsbok met lang gedraaide horings, wit strepe en 'n wit V-teken op die voorkop.
- koei
- 'n Vroulike, tweehoewige, herkouende soogdier van die geslag Bos wat aangehou word vir melk en vleis.
- koejawel
- 'n Tropiese vrug.
- koek
- 'n Mengsel van meel, eiers, melk, suiker, botter en ander bestandele wat in die oond gebak word en as lekkerny geëet word.
- koekemakranka
- Sappige, kolfvormige vrugte van 'n Suid-Afrikaanse bolplant. Ook genoem koekmakranka.
- koekheuning
- Heuning wat nog in die koek is.
- koekmakranka
- Sappige, kolfvormige vrugte van 'n Suid-Afrikaanse bolplant. Ook genoem koekemakranka.
- koekmeel
- Koekmeel word gemaak deur die suiwerste deel van koring baie fyn te maal en dan deur fyn nylon te sif. Dit is veral geskik vir koekies, witbrood, pasteideeg en soetgebak.
- koeksaad
- Die plant Carum carvi waarvan die saad as spesery gebruik word. Ook genoem wilde komyn of karwy.
- koeksister
- 'n Brosserige gebak wat bestaan uit gevlegte repe deeg. Ook genoem koesister.
koeksister resep >> - koekskoppie
- 'n Skoppie om 'n afgesnyde stuk koek in 'n koekbordjie te plaas.
- koeksoda
- 'n Naam vir natriumkarbonaat wat gebruik word vir gebak.
- koekstruif (trifle)
- 'n Nagereg wat 'n mengsel van koek en ander bestanddele is.
koekstruif / trifle resep >>. - koekversiering
- Die versiering van koek met versiersuiker.
- koekvorm
- 'n Vorm waarin koek gebak word.
- koekvurkie
- 'n Vurkie waarmee koek geëet word.
- koelbak
- 'n Bak waarin iets afgekoel word.
- koelboks
- 'n Draagbare houer waarin bederfbare produkte koel gehou word. Ook genoem koelhouer.
- koeldrank
- Nie-alkoholiese drank.
- koelemmer
- 'n Emmer met ys waarin wyn- of bierbottels afgekoel word.
- koelhouer
- 'n Draagbare houer waarin bederfbare produkte koel gehou word. Ook genoem koelboks.
- koelinrigting
- 'n Vertrek waarin bederfbare produkte koel gehou word. Ook genoem koelinstallasie of koelkamer.
- koelinstallasie
- 'n Vertrek waarin bederfbare produkte koel gehou word. Ook genoem koelinrigting of koelkamer.
- koelkamer
- 'n Vertrek waarin bederfbare produkte koel gehou word. Ook genoem koelinstallasie of koelinrigting.
- koelkas
- 'n Kas waarin bederfbare produkte koel gehou word. Ook genoem yskas.
- koelsak
- 'n Sak met opgestopte kante waarin bederfbare produkte koel gehou word.
- koelskip
- 'n Skip met koelkamers waarin bederfbare produkte koel gehou word.
- koeltegniek
- 'n Tegniek waarmee bederfbare produkte koel gehou word.
- koeltoring
- 'n Toringvormige koelinstallasie.
- koeltrok
- 'n Treinwa met 'n koelkamer waarin bederfbare produkte koel gehou word.
- koemkwat
- 'n Sitrusvrug wat veral as geursel in konfyt gebruik word. Ook genoem kumkwat.
- koesister
- 'n Brosserige gebak wat bestaan uit gevlegte repe deeg. Ook genoem koeksister.
koesister resep >> - koeskoes
- 'n Graansoort.
- koesnaatjie
- 'n Vetplantjie met vlesige, eetbare blare.
- koffie
- Koffiebone in gemaalde poeiervorm.
- koffie-ekstrak
- 'n Sterk aftreksel van koffie.
- koffiedompelpot
- coffee plunger
- koffiehuis
- 'n Openbare eet- en drinkplek waar mens koffie en nie-alkoholiese drank kan drink.
- koffiekamer
- 'n Openbare vertrek, in byvoorbeeld 'n hotel, waar mens koffie en nie-alkoholiese drank kan drink.
- koffiekroeg
- 'n Openbare eet- en drinkplek waar mens koffie en tee op 'n informele wyse kan geniet.
- koffiemoer
- Die afsaksel van gemaalde koffiebone wat nie opgelos het tydens die maak van koffie nie.
- koffiesakkie
- 'n Sakkie van dun materiaal in 'n koffiepot waarin gemaalde koffie gegooi word om met kookwater gevul te word om koffie te maak.
- koffietjies
- 'n Klein bietjie koffie.
- koffiewater
- Water vir koffie. Die word ook gebruik om na baie flou koffie te verwys.
- kokend
- Wat aat die kook of baie warm is.
- koker
- Toestel wat kook.
- kokosmelk
- Melkagtige, soet water uit die kokosneut.
Ook genoem klapperwater, klappermelk of kokoswater. - kokosneut
- Vrug van die kokospalm.
Ook genoem klapperneut. - kokosneutmakrol
- 'n Makrol met fyn kokosneut as kenmerkende bestanddeel. Ook genoem klappermakrol.
- kokosolie
- Olie uit die vleis van die kokosneut.
- kokoswater
- Melkagtige, soet water uit die kokosneut.
Ook genoem klapperwater, klappermelk of kokosmelk. - kolaboomneut
- 'n Neut van 'n boom in tropiese Afrika wat kafeïene bevat en hoofsaaklik gebruik word vir die maak van 'n drankie. Ook genoem kolaneut.
- kolaneut
- 'n Neut van 'n boom in tropiese Afrika wat kafeïene bevat en hoofsaaklik gebruik word vir die maak van 'n drankie. Ook genoem kolaboomneut.
- kolhaas Ook genoem berghaas
- 'n Grysbruin knaagdier met 'n pels, gesplete bolip, kort stert, lang ore en lang agterbene, Lepus europaeus..
- koljander
- 'n Plant, Coriandum sativum, waarvan die sade as spesery gebruik word en die blare net so vars.
- kolstert
- Een van verskeie donker visse wat 'n swart kol op die stert het.
- kollewyntjie
- Ligte, klein koekies wat gebak word in vorms of spesiale kolwyntjiepanne. Ook genoem kolwyntjie.
- kollewyntjiepan
- 'n Groot, ronde oondpan met vakkies. Ook genoem kolwyntjiepan.
- kolwyntjie
- Ligte, klein koekies wat gebak word in vorms of spesiale kolwyntjiepanne. Ook genoem kollewyntjie.
- kolwyntjiepan
- 'n Groot, ronde oondpan met vakkies. Ook genoem kollewyntjiepan.
- kombuis
- Die plek in 'n huis waar gewoonlik kos gemaak word.
- kombuiskas
- 'n Kas in die kombuis waarin die kombuisgereedskap gehou word.
- kombuissout
- Gewoonlik growwe sout wat vir die voorbereiding van kos gebruik word.
- kombuistee
- 'n Partytjie net voor 'n troue waarheen net die vroulike trougaste genooi word. Hulle neem gewoonlik kombuisgerei as geskenke vir die bruid.
- komkommer
- Dit is 'n rankplant met 'n langerige vrug wat veral in slaai gebruik word.
- komkommerkruid
- 'n Klein struik met helderblou blomme. Ook bekend as bernagie-familie.
- komyn
- Komyn is die aromatiese saad van die Egiptiese plant Umbelliferae. Dit word as spesery gebruik. Dit kom veral voor in geregte uit Indië, Mexiko, Portugal en in brood in Oos-Europa.
- kondenseer
- Iets verdig / saampers.
- kondensmelk
- Gekondenseerde melk. Ook genoem blikkiesmelk.
- konfoor
- 'n Metaaltoestel wat van onder verhit word en gebruik word om kos mee warm te hou.
- konfoorskottel
- 'n Metaaltoestel wat van onder verhit word en gebruik word om kos mee warm te hou.
- konfyt
- Vrugte wat met suiker tot pap, stukke of stroop opgekook word en onder andere saam met botter en brood geëet word en in nageregte gebruik word.
- koningklip
- 'n Lekker tafelvis met 'n ferm tekstuur.
Ook genoem koningklipvis. - koningklipvis
- 'n Lekker tafelvis met 'n ferm tekstuur.
Ook genoem koningklip. - koningmakriel
- 'n Groterige tipe seevis.
- koningskos
- Baie smaaklike kos.
- konjak
- Franse brandewyn van Cognac.
- konkoksie
- 'n Mengsel van verskillende bestanddele.
- konserf
- Die woord word gebruik vir 'n ingemaakte produk, 'n konfyt gekook van twee of meer soorte vrugte of heelvrugte wat in 'n dun stroop gekook is.
- konyn
- 'n Mak knaagdier verwant aan hase.
- kook
- Voedsel gaarmaak met hitte.
- kookappel
- 'n Appel wat geskik is om gekook te word.
- kookboek
- 'n Handboek oor die kookkuns, wat resepte bevat.
Ook genoem resepteboek.
kookboeke >> - kookgereed
- Reg om gekook te word.
- kookhitte
- Temeperatuur waarby 'n vloeistof kook.
Ook genoem kookpunt. - kookkuns
- Die kuns of wetenskap om kos voor te berei.
- kookmatrone
- Die matrone verantwoordelik vir die kook van kos in 'n inrigting.
- kookmelk
- Melk wat kook.
- kookplaat
- 'n Elektriese plaat waarop gekook word.
- kookpunt
- Temeperatuur waarby 'n vloeistof kook.
Ook genoem kookhitte. - kooksel
- 'n Hoeveelheid kos wat op een slag gekook word.
- kookwaterstysel
- Stysel wat met kookwater aangemaak is.
- kool
- Enige plant van die geslag Brassica. Dit het normaalweg dikkerige blare wat styf ingevelg is om 'n kop te vorm.
- koolkop
- Die hoof gedeelte van kool.
- koolraap
- 'n Groentesoort met klein, koolagtige koppies aan die stingel.
Ook genoem knolkool of raapkool. - kop-en-pootjies
- 'n Gereg wat bestaan uit die kop en pootjies van 'n geslagte dier, gewoonlik 'n skaap.
- koppie
- 'n Houer met 'n oor wat gebruik word om vloeistowwe uit te drink.
- korent
- Dit is 'n klein, pitlose rosyntjie van die druifsoort Vitis vinifera.
- koring
- Enigeen van die graangewasse van die geslag Tricum van die familie Gramineae, veral Tricum vulgare waaruit brood gebak word.
- kota
- 'n Kwart brood, uitgehol en gevul met vleis, aartappels of enige van jou gunsteling bestandele.
- kreef
- 'n Tienpotige skaaldier wat feitlik alles vreet.
- kroeg
- 'n Drinkplek. Ook genoem kantien.
- kroket
- 'n Rolvormige pasteitjie met 'n kors van fyn krummels. Die vulsel is fyn vleis, vis, aartappels ens.
- kroton
- 'n Stukkie roosterbrood wat bo-op sop of as garnering gebruik word.
- kruid
- Geurige gedeelte van 'n plant.
- kruie-asyn
- Asyn met 'n byvoeging van kruie.
- kruisbessie
- 'n Struik met geel bessies wat geëet kan word. Beter bekend as die appelliefie en ook die klapbessie.
- kruisement
- 'n Welriekende struik wat baie gebruik word by die bereiding van kos, veral saam met asyn en suiker vir 'n kruisementsous met skaapvleis. Dit gaan ook goed saam met kalfsvleis, sop, slaai, jogurt, brood en meeste groente, veral aartappels en ertjies. Kruisementtee help vir verkoue en spysvertering. Engels: "mint".
- kuikenmielies
- Mielies wat oopbars tot sagte, ronde vorms wanneer dit verhit word.
Dit word ook genoem springmielies, skietmielies of kiepiemielies. - kuit
- ’n Ander naam vir viseiers.
- kumato
- ’n Donkerbruin, groen tamatie met ’n pers skynsel. Die vrug is baie meer soet as die gewone tamatie. Daar word ’n storie vertel dat ’n Italiaanse boer die tamatie se kleur verander het om te pas by sy geliefde se lokke.
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
0 vrae en kommentaar:
Post a Comment