Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/09/2012

Bottersous / Bâtarde

Bottersous vir die gebruik by groente of vis.

30 ml gesmelte botter
30 ml meel
250 ml kokende soutwater
1 eier, geklop met 15 ml koue water en 15 ml suurlemoensap
125 ml botter, in blokkies gesny
sout en peper

Meng die 30 mℓ botter,meel en kookwater saam.
Klop die eier by oor lae hitte.
Roer die blokkies botter by tot die botter gesmelt is.
Geur met sout en peper.

No comments :

Post a Comment