Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/08/2012

Kleinpotjies vla / Petits pots de crème

850 mℓ melk
3 eiers
3 eiergele
45 mℓ strooisuiker

Skaldeer die melk.

Breek die eiers in 'n mengbak en voeg die ekstra eiergele by. Klop dit goed met 'n vurk – dit moet nie skuim nie.
Voeg die suiker en melk by en meng.

Vul klein individuele potjies met die vlamengsel en plaas die potjies in 'n oondbak wat deels gevul is met warm water. Jy kan ook 'n bain-marie gebruik.
Bak (ongeveer) 15 minute in 'n oond by 180°C tot die vla styf is.

Haal die potjies uit en laat dit afkoel voor jy dit bedien of in die yskas verkoel om koud te bedien.

Jy kan verkoelde potjies met room versier.

No comments :

Post a Comment