Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/22/2012

Skaapstertjies

1 kg skaapstertjies
2 uie, 1 heel en 1 in skywe gesny
braaivleisspeserye
koljandersaad, gebreek (sommer met 'n koekroller)

Plaas die skaapstertjies en heel ui in ’n kastrol en bedek met water. Kook tot die stertjies sag is.

Nou kan jy die sagte skaapstertjies in ’n 200°C oond rooster of jy kan dit braai.

Indien jy dit gaan rooster in die oond sprei jy die gesnyde ui uit op ’n bakplaat.
Pak skaapstertjies bo-op en geur met die speserye en koljander.
Rooster tot dit bruin is.

Indien jy dit gaan braai, geur jy dit met die speserye en koljander en drup ’n paar druppels suurlemoensap oor. Gooi ’n paar takkies roosmaryn op die kole voor jy begin braai.

Die resep vir skaapstertjies is genoeg vir 4 persone.

No comments :

Post a Comment