Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/23/2012

Petites timbales beauvilliers

Vul gesmeerde kolwyntjiepanne met brioche-deeg.
Bak dit by 200ºC tot die deeg gaar is - dit neem nie baie lank nie.

Verwyder die broodjies uit die pan en laat dit afkoel op 'n draadrak.

Hol die broodjies uit tot daar net 'n dop oorbly. Die dop moet ten minste 5 mm dik wees.
Verhit die doppe versigtig in 'n oond.

Haal die skulpe uit en vul die met stukkies gaar hoender wat met allemande-sous gemeng is. Die sous is basies witsous gemaak met 'n aftreksel van pluimvee of kalf.
Pak stukkies aspersie wat in botter gebraai is op elkeen.

No comments :

Post a Comment