Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/16/2012

Vanillaboontjie

Vir vanilla (vanielje) om sy ware kleure te wys, kan jy nie anders as om 'n vanillaboontjie te gebruik nie. Wanneer jy 'n vanillaboontjie koop moet jy kyk vir klein wit kristalle op die boontjie. Dit is 'n aanduiding dat die boontjie vars is.

Die saad het die meeste geur. Breek die boontjie oop en krap die klein swart pitjies uit. Gebruik dit saam met die peul.

Die boontjies kan verskeie kere gebruik word. Nadat jy dit gebruik het, was jy die boontjie met warm water en maak dit droog. Bere dit in 'n lugdigte houer saam met 'n bietjie strooisuiker. Die suiker kan later as geurmiddel vir koeke, room of vla gebruik word. Sommige handelaars verkoop boontjies in individuele lugdigte houers.

No comments :

Post a Comment