Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/23/2012

Omelet soufflé

Hierdie omelet word effens anders voorberei as die basiese omelet.

Jy het 1 eier, 2 eiergele en 3 eierwitte nodig per persoon.

Klits die eierwitte tot dit styf is, maar nie te droog nie.

Klits die eier en eiergele saam.
Vou die eiergele by die eierwit.

Smelt 'n stuk botter in 'n swaarboompan. Dit moet oor lae hitte gesmelt word – moenie dat die botter verbruin nie!

Stel die hitte op medium en gooi die eiermengsel by.
Sodra die eier gestol het maak jy die kante los.
Plaas die omelet nou onder 'n oondrooster vir 1 minuut.

Haal die omelet uit. Die omelet soufflé word nie gevou nie. Bedien met jou gunsteling bestanddele bo-op.

No comments :

Post a Comment