Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/17/2012

Perskes geposjeer in witwyn / Peaches poached in White Wine

Jy benodig 1 ryp perske per persoon.

Pak die perskes op die bodem van 'n swaarboomkastrol met die holtes na bo.
Gooi witwyn (viognier of 'n vrugtige sauvignon blanc) in die pot totdat die perskes net-net bedek is.
Strooi 5 mℓ strooisuiker per perske oor die wyn en plaas 'n paar kruisementblare in die pot.
Plaas die deksel op en laat dit prut oor baie lae hitte. Die mengsel mag nooit kook nie. Prut net tot die perskes sag, maar steeds ferm is. Dit neem omtrent 7 minute.

Verwyder dit van die hitte en laat dit so in die pot afkoel.

Bedien teen kamertemperatuur saam met room.

No comments :

Post a Comment